Verified Reviews

Free State

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State

Rated 4.3 out of 5 based on 7961 reviews.

Parys, Free State

Rose Acres Guest House

"Rustige en pragtige dorpie. Ideaal geleë vir 'n vinnige wegbreeknaweek. Beslis die moeite werd."

Clarens, Free State

RiverWalk Guest House

"Pragtige plek met die mooiste natuur. "

Clarens, Free State

V'Kansi Khaya

"Diens bly maar 'n probleem by eetplekke. Lekker plek om te ontspan en sy natuurskoon is onbeskryflik."

Free State

Mooihoek Cottage

"Glad nie so plat as wat mense dink as jy per fiets ry nie."

Parys, Free State

Rietpoort Cottages

"Baie lekker en vriendelike dorp."

Clarens, Free State

Die Kruik

"Mal oor dié plek."

Clarens, Free State

De Ark Mountain Lodge

"Die dorpie as sulks is 'n kunstenaar se droom, maar die winkeltjies is net baie duur aangesien dit uitsluitlik op toerisme gemik is. Die omgewing spreek God se almag. Hierdie is 'n plek waar ek sal kan bly. "

Bethlehem, Free State

La Motte Gastehuis

"Ideale ligging, maar ek sal eerder bietjie verder ry en in Clarens oorslaap. "

Springfontein, Free State

Springfontein Guest House

"Die dorp is duidelik nie 'n toeristebestemming nie. Sal nie langer as twee nagte oorbly nie. Die ligging van die gastehuis is ideaal, want dit is op die N1. "

Philippolis, Free State

Cilliers Tuis Huis - Tobie Muller Street

"As plattelandse mense wat hou van klein dorpies, was Philippolis vir ons wonderlik. Dit hang af waarna plaaslike en oorsese toeriste soek. Ek dink nie dis noodwendig 'n plek om vir die langtermyn oor te bly nie, maar vir 'n aand of twee is dit perfek. "

Langenhovenpark, Free State

Amity Guesthouse

"Sal nie daar wil bly vir 'n vakansie nie, maar miskien as 'n mense blyplek soek omdat familie naby is of so iets."

Clarens, Free State

Rooikat Cottage

"Dis net lekker om daar te kuier, of jy gaan om te rus, te stap, om inkopies doen, te eet of koffie te drink.....wat ook al, dis lekkerrrrr!"

Clarens, Free State

Talking Trees Self-Catering House

"Clarens is bekoorlik tussen die berge... baie om te doen om te ontspan!"

Clarens, Free State

Red Mountain House

"Uitstekend as mens net wil wegkom en rus!"

Clarens, Free State

Lake Clarens Guest House

"As jy dol is oor spitsverkeer in die middae, die rumoer van motoriste wat gegrief op hulle toeters lê, beswaarde uitdrukkings afgeëts op hul gelaat, en indien die monotoniese geloei van sirenes soos musiek in jou ore is en die nimmereindigende gedreun van motors vir jou emosionele voedingswaarde bied; en indien die pastorale vreedsaamheid van ’n landelike omgewing die vrede in jou gemoed ondermyn, en indien die geruis van die wind in die blare, en die potpourri van afwisselende plaasdiergeluide jou ontstel … moet jy liewers nie na Clarens kom nie. Indien die teendeel wel die geval is … verstaan ek nie waarvoor jy wag nie. Hierdie tyd van die jaar is Clarens die toonbeeld van die idilliese omgewing – sowel die dorp self as die omgewing. Ek hunker reeds daarna om terug te keer."

Dan Pienaar, Free State

Cottonwood Guesthouse Oasis

"Aangename rustige omgewing. Baie sentraal geleë."

Clarens, Free State

Larola Terraces

"Het dit geniet in Clarens."

Clocolan, Free State

Vlakbult Guest Farm

"Baie mooi omgewing. Het kersiefees besoek en het die sjokoladefabriek baie interessant gevind. Het ook treingery by Sandstone Estates. Kersie Padstal-middagete geniet. "

Bethulie, Free State

Bethulie Guest Farm

"Meer reisigers behoort deur dorpe soos Bethulie en Philippolis te ry as 'n alternatiewe roete vir die N1. Kom raak stil en geniet hierdie dorpe oor 'n koppie koffie voor jy verder reis."

Fouriesburg, Free State

Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue

"Een van die pragtigste omgewings in die land."

Fouriesburg, Free State

Wegkomkans B&B

"Fouriesburg het, soos talle ander Vrystaatse dorpies, 'n outydse sjarme waar die mense mekaar ken en ondersteun. Dit is baie rustiger om in Fouriesburg oor te bly as in Clarens."

Clarens, Free State

Cottage Pie

"Clarens laat my voel of ek op 'n ander kontinent is, ontspan van dag een af."

Clarens, Free State

Jovali

"Clarens is 'n mooi toeristebesteming. Dit is 'n besige dorp oor naweke, maar nie te bedruk nie."

Parys, Free State

Schilbach House

"Ons hou van Parys en bly graag daar."

Fichardt Park, Free State

21 @ Benade

"Dit is baie gerieflik geleë."

Clarens, Free State

Mont Rouge

"Baie in en om die dorp om te besigtig."

Philippolis, Free State

Anker Guesthouse

"Die dorp word meestal vergeet of deur reisigers onderskat weens die N1-verbypad, maar dit lyk asof daar deesdae 'n oplewing is met al hoe meer toeriste wat aftrek om te oornag."

Clarens, Free State

La Bri

"Would imagine a decent supermarket close by. Would be a boon (e.g. Checkers, Spar etc.)."

Clarens, Free State

V'Kansi Khaya

"Heerlike ontspanning en diversiteit in die dorp. Omgewing is natuurlik beeldskoon!"

Page
Page 232 - Showing 6931 to 6960
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers