Verified Reviews

Free State

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State

Rated 4.3 out of 5 based on 7972 reviews.

Fouriesburg, Free State

Oranje Guest Farm

"Pragtige omgewing. Sal graag meer wil verken. "

Clarens, Free State

Cottage Pie

"Ons het Clarens in Desember 2016 besoek en die omgewing was lieflik groen en beeldskoon. Dis 'n absolute moet vir natuurliefhebbers. Die dorpie bied ongelukkig nie 'n groot verskeidenheid winkels wat kruideniersware verkoop nie, so bring maar saam wat jy nodig het (veral oor die piek Desember tydperk). 'n Besoek aan die Golden Gate Nasionale Park is natuurlik ook 'n moet as 'n mens 'n paar dae in Clarens is. "

Universitas, Free State

Rise and Shine Lodge

"Dit is gerieflik naby koopsentrums, die Universiteit asook toegang tot die N1 snelweg."

Philippolis, Free State

Kanon Guest House

"Philipolis is een van daardie mooi klein dorpies wat meeste mense mis ry. Beslis die moeite werd om ten minste een keer daar verby te gaan as jy nog nie daar was nie."

Bethulie, Free State

Karoo Pandok

"Eerste keer wat ons daar was maar sal beslis weer inloer as die geleentheid hom voordoen."

Clarens, Free State

Accommodation @ The Spa

"Clarens is 'n pragtige plekkie, was heerlik om al die winkeltjies en eetplekke te besoek en net die skoonheid te bewonder. Die diens in meeste van die restaurante is iets wat kan verbeter, maar andersins was dit baie aangenaam. Sal vir seker weer gaan vir 'n wegbreek tydjie."

Parys, Free State

Schilbach House

"Ek was baie teleurgesteld dat Mimosa Tuine se swembad ens. toegemaak het. Ek het oral in die dorp rondgevra maar niemand het geweet waar ek die kinders kon vat nie. Behalwe dat ek nie 'n swembad kon kry nie, is Parys 'n baie rustige, skoon en veilige dorpie. Perfek om weg te breek van die stad se gejaag!"

Clarens, Free State

Clarens Retreat

"Clarens is vir ons 'n pragtige skilderagtig dorpie en dit vreeslik geniet en ons beplan om die toekoms weer 'n draai te gaan maak. Het die winkels en restaurante baie geniet en hope foto's geneem. Dit is baie skoon en vriendelike dorp."

Clarens, Free State

Francisco Guesthouse & Villa Clarens

"Clarens was nie hoofrede vir besoek nie, ons is natuurmense en kon nie plek kry by Golden Gate nie so het bedags soontoe gery."

Clarens, Free State

Upper House

"Iets vir almal en alle ouderdomme - van 6 tot 60! Van kuns en kultuur tot stap en 'white water rafting' wat ek op die flukse ouderdom van 50+ vir die eerste keer aangedurf het (gevolg na 'n dag in die spa uit die aard van die saak)."

Clarens, Free State

Red Mountain House

"Dit was 'n baie lekker vakansie gewees."

Bethlehem, Free State

La Croche Guest Lodge

"Naby Clarens. Geen behoorlike restaurante nie. "

Philippolis, Free State

Anker Guesthouse

"Dit is 'n "one horse town", maar beslis 'n besoek werd."

Free State

Letsatsi Game Lodge

"Jy moet tyd bestee om die platteland bietjie te leer ken."

Clarens, Free State

Fairview Cottages

"Clarens is asemrowend - vriendelike mense en so baie om te sien en ervaar."

Harrismith, Free State

Ibis Self-Catering Accommodation

"Ons sal weer teruggaan vir die lekker koel weer."

Fouriesburg, Free State

Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue

"'n Mens benodig 'n 4x4 om meeste van die besienswaardighede te besoek. Miskien sal ons volgende keer so 'n roete beplan. Ek het heerlik appelkose en perskes gepluk en so van die boom af geëet. Dit was so 'n genotvolle ervaring."

Clocolan, Free State

Ben Nevis Guestfarm

"Die dorp se mense is nie uiters vriendelik nie en die dorp is verwaarloos. Die omliggende gebiede is baie mooi en histories baie ryk."

Philippolis, Free State

Anker Guesthouse

"Beslis 'n besoek werd. Rustigheid en stilte. "

Parys, Free State

Riverbush Lodge

"Parys is 'n baie ontspannende en rustige dorpie met baie oulike eetplekkies en winkels. Baie buitelugaktiwiteite."

Fichardt Park, Free State

Blue Crane Guest House

"Lekker oornagbestemming vir ouens wat langpad ry."

Universitas, Free State

Edaneg

"Netjiese area. "

Clarens, Free State

Titanic View - Place of Peace

"Clarens bied soveel meer as wat 'n mens kan dink."

Fouriesburg, Free State

Uitzicht Game Lodge

"Rustige Vrystaatse dorpie."

Universitas, Free State

Tula 159

"Universitas is lekker sentraal geleë."

Clarens, Free State

Rooiland

"It was a shock to find out that the shops close at 16:00 in December, but it shows you "tomorrow is another day" and money is not everything. People and family are more important!"

Clarens, Free State

Thaba Lapeng Mountain Escape

"Clarens is 'n charismatiese dorpie wat vakansieaktiwiteiete bied vir elke denkbare voorkeur."

Page
Page 230 - Showing 6871 to 6900
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers