Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7979 reviews.
"Eerste keer wat ons daar was maar sal beslis weer inloer as die geleentheid hom voordoen."
"Clarens is 'n pragtige plekkie, was heerlik om al die winkeltjies en eetplekke te besoek en net die skoonheid te bewonder. Die diens in meeste van die restaurante is iets wat kan verbeter, maar andersins was dit baie aangenaam. Sal vir seker weer gaan vir 'n wegbreek tydjie."
"Ek was baie teleurgesteld dat Mimosa Tuine se swembad ens. toegemaak het. Ek het oral in die dorp rondgevra maar niemand het geweet waar ek die kinders kon vat nie. Behalwe dat ek nie 'n swembad kon kry nie, is Parys 'n baie rustige, skoon en veilige dorpie. Perfek om weg te breek van die stad se gejaag!"
"Clarens is vir ons 'n pragtige skilderagtig dorpie en dit vreeslik geniet en ons beplan om die toekoms weer 'n draai te gaan maak. Het die winkels en restaurante baie geniet en hope foto's geneem. Dit is baie skoon en vriendelike dorp."
"Clarens was nie hoofrede vir besoek nie, ons is natuurmense en kon nie plek kry by Golden Gate nie so het bedags soontoe gery."
"Iets vir almal en alle ouderdomme - van 6 tot 60! Van kuns en kultuur tot stap en 'white water rafting' wat ek op die flukse ouderdom van 50+ vir die eerste keer aangedurf het (gevolg na 'n dag in die spa uit die aard van die saak)."
"'n Mens benodig 'n 4x4 om meeste van die besienswaardighede te besoek. Miskien sal ons volgende keer so 'n roete beplan. Ek het heerlik appelkose en perskes gepluk en so van die boom af geëet. Dit was so 'n genotvolle ervaring."
"Die dorp se mense is nie uiters vriendelik nie en die dorp is verwaarloos. Die omliggende gebiede is baie mooi en histories baie ryk."
"Parys is 'n baie ontspannende en rustige dorpie met baie oulike eetplekkies en winkels. Baie buitelugaktiwiteite."
"It was a shock to find out that the shops close at 16:00 in December, but it shows you "tomorrow is another day" and money is not everything. People and family are more important!"
"Clarens is 'n charismatiese dorpie wat vakansieaktiwiteiete bied vir elke denkbare voorkeur."
"Harrismith has all the necessary requirements including a new hospital. It's a nice little town except for the ongoing road repairs."