Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7864 resensies.
"Mal oor die plek....mens is ontspanne die oomblik as jy uit die kar of af van die motorfiets af klim...."
"Fouriesburg was 'n aangename verrassing, 'n netjiese skoon dorpie met die mooiste huise."
"Fichardt Park is ideally situated if one wants to get in and out of Bloemfontein with ease. We did not go into the suburb. "
"Langenhovenpark is 'n baie netjiese woonbuurt en ek sal dit enige tyd aanbeveel vir 'n oornaggastehuis."
"Die omgewing is ongelooflik mooi. Dit is 'n skoon wêreld en die mense is vriendelik. As jy van rustigheid en van mooi natuur hou, is dit die aangewese plek."
"Dis 'n oulike klein dorpie, met lekker kuierplekkies, naby aan al die mooi plekke en Clarens. Ons sal weer teruggaan. "
"Vir die persoon wat wil wegbreek van die gewoel van die stad bring Vrede voorwaar vrede in jou gemoed."
"Netjiese voorstad van Welkom. Dit was die eerste keer wat ons in Welkom gekom het en met Henry se hulp het ons gou die plekke gekry."
"Behalwe vir die doel waarvoor ons Bloemfontein toe gegaan het, het ons ook die Vroue Monument besoek voor ons dadelik weer in die pad moes val. Dit was 'n baie insiggewende mooi maar ook hartseer ondervinding. Die uitstallings is uitstekend, geboue en terrein is goed versorg. Alles en alles 'n lekker vinnige uitstappie."
"Heerlike eetplekke en baie winkels om in rond te loop. Maak net seker van die toemaak tye. Saterdae is dit 4 uur en Sondae is dit 2 uur. "
"Rustig en stil vir 'n goeie nagrus asook nie te ver vanaf die hoofroete nie. Eetplekke baie in 'n radius van 2 tot 3 kilometer bekombaar."
"Lovely vibe in Clarens, very interesting shops. Lovely meal at the Posthouse in front of a log fire."
"Dit is 'n baie mooi omgewing, mense stap maklik na die nabygeleë inkopiesentrum wat die veiligheid van die area bevestig. Alles is by een plek geleë veral vir iemand wat onbekend is met die area. "
"1ste besoek aan Parys en dit was ongelooflik! Soveel om te ontdek, doen en natuurlik koop. Parys is my nuwe ontspanplek."
"Die dorpspaaie is tipies klein dorpie met 'n grondstraat hier en daar. Die mense is baie vriendelik."