Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7949 reviews.
"Ek het nie besef dat daar so baie is om te doen in Bloemfontein nie. Sal volgende keer graag meer wil sien, maar ons het net oorgeslaap om die rit vanaf die see korter te maak."
"Klein dorpie met baie gawe mense en jy kan al die noodsaaklike kry in die klein dorpie van brood tot en met hardeware."
"Baie lekker vir inkopies, eet ensovoorts. Wil graag meer en ander dinge doen volgende keer!"
"Mens moet ten minste twee volle dae daar spandeer. Soveel om te sien en doen."
"Clarens is absolutely perfect! A picturesque town with good restaurants and friendly atmosphere! Good for the mind and soul! Beautiful and gorgeous little town!"
"Wat 'n cute dorpie, vriendelike mense, plat op die aarde. Oulike winkeltjies en lekker kos!"
"Mooi plek om te sien. Sal 'n naweek daar kan spandeer en genoeg hê om te doen."
"Baie aangename bestemming. My enigste negatiewe kommentaar is dat meeste restaurante al 18h00 hulle kombuise sluit. Mense met vakansie sou graag later goeie kos wou geniet. Kan die Highlander aanbeveel. Hulle was oop en die kos was lekker."
"Die paaie is verwaarloos, maar daar was genoeg getuienis van 'n interessante dorpie op ons baie kort besoek."
"Clarens self is nie meer wat dit was so kort as 3 jaar gelede nie, elke winkeltjie in Clarens verkoop min of meer dieselfde aandenkings wat mens sal kry by 'n mark in die Hartebeespoortdam-omgewing, die karwagte is baie lastig. Dis steeds 'n mooi dorpie, hier en daar steeds 'n unieke plekke, gaan ondersteun gerus Clementines-restaurant, goeie diens en lekker atmosfeer."
"Van die mooiste landskappe in die wêreld. Van die restaurante het teleurgestel, nou en 'n vorige keer in dié jaar ook."
"Goeie plek om oor te bly as jy reis. Die paaie in Bloem is ongelukkig in 'n baie slegte toestand."
"Geensins toeristevriendelik nie, maar ons het slegs besoek om by familie te kuier vir die naweek."
"Ons is gek oor Clarens en al bly ons 'n klipgooi ver geniet ons dit gereeld as 'n naweek en vinnige wegbreek vakansiebestemming!"