Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7951 reviews.
"Ons was nie binne die dorp nie, maar die omgewing is pragtig. Net jamer die paaie is so sleg in die imgewing. "
"Fouriesburg is 'n fantastiese vakansieplek vir mense wat aktief is, daar is baie stap roetes en aktiwiteite om te doen. Daar is ook 2 lekker restaurante wat oop is van oggend tot aand."
"Hou net in die hoofstraat! Die winkeltjies en eetplekke is bobaas. Beste venue vir perdeskoue is beslis die Afridome."
"Goeie restaurante. Baie klein dorpie, nie alles is altyd oop nie. Gebruik Betlehem (naby) vir inkopies."
"Ek glo nie Boshof is soseer 'n toeristebestemming nie, maar wel 'n baie gerieflike oorslaap-area vir daai gedeelte van die Noord-Kaap as jy besigheid het om daar in die area te doen."
"Parys se paaie is bietjie verwaarloos, die koffiewinkel en eetplekke was almal gasvry en ons het heerlik geëet."
"'n Klein dorpie met 'n interessante geskiedenis en vriendelike mense. Kom maak gerus 'n draai hier."
"Ek was in en uit die dorp, maar dit lyk pragtig en skoon en heelwat moderne eet- en koffieplekke."
"Ek's mal oor Clarens en probeer om ten minste een keer 'n jaar soontoe te gaan."
"Daar is basies niks om te doen en die dorp self is vervalle. As jy dringend noodsaaklikhede benodig sal jy na Clarens of Bethlehem moet ry."
"Baie lekker. Net baie besig. Verkies stil en privaat, maar omgewing pragtig en mense baie vriendelik."
"Bethlehem is 'n baie mooi dorp. Jammer dis Covid, andersins kon ons museum toe gegaan het en bietjie meer inligting gekry het t.o.v. die besienswaardige geboue. 'n Seën is ook die mooi landskap van Clarens en Goldengate."
"Is naby Clarens, Fouriesburg en ander boereplaasdorpe geleë, net soos Betlehem 'n boereplaasdorp is."