Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7951 reviews.
"Enigste nadeel is slegte potholes in Parys se strate. Dit kan die stadsraad beslis aandag aan gee."
"Baie mooi plekkie behalwe die paaie het baie aandag nodig. Baie vriendelike en behulpsame mense. Dit is baie mooi die natuur en baie rustig daar."
"Ek het Parys besoek in 2013 laas en was baie baie teleurgesteld toe ek weer in 2021 daar kom, daar kort dringend aandag aan die dorp. Baie potholes geen padmerke (verf ) nie. Dit is baie hartseer om te sien hoe so mooi dorpie so verander het."
"DIe dorp toon baie agteruitgang van toe ek laas (7 jaar gelede) dit besoek het. Groot jammerte."
"Klein Vrystaatse dorpie. Heerlike restaurant (Nell's) en ’n vriendelike gemeenskap. Moet nie te veel verwag om te doen nie, maar dit is ’n lieflike dorpie."
"Clarens en die omgewing is pragtig. Van die restaurante kan nogal duur wees."
"Baie van Parys se strate moet jy wonder waar is die straat, want strate bestaan uit gate. By vorige besoeke aan Parys 'n jaar gelede het ons dieselfde ervaar."
"Pragtige omgewing, mistroostige dorpie. Restaurante is duur. Is my opinie. Slaggate op paaie in die omgewing is lewensgevaarlik."
"Lyk na baie oulike dorpie wat heelwat bied. Ons was baie bly vir die reën, maar ongelukkig werk dit nie so goed wanneer mens 'n gebied behoorlik te voet wil verken nie."
"Pragtige, rustige dorpie. Oulike winkeltjies en restaurante. Lekker om van die stad af weg te breek vir 'n naweek."