Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9360 reviews.
"There is no comparison between George and Bloemfontein. George is so clean and well-managed. The streets are 100% better than Bloemfontein. The two things that stood out for me was that people clean the streets on Sundays and I did not see one garbage bag on side walks or on street corners. Keep it up George."
"Vermaaklikheid is quaint but in winter time (European summer) most is closed and you need to travel quite a distance on gravel and potholes to get anywhere. Travel times are at least 40 min even with our 4x4. A 4x4 is a must!"
"'n Fantastiese wegspringplek om die Tuinroete te ontdek en 'n heerlike bestemming in eie reg."
"Ons het nou vir ons 'n woonstel gekoop in Knysna. Ons dogter en kleinkind bly daar."
"Uitstekende bestemming vir natuurliefhebbers. Baie staproetes en plekke om te besoek. Die PowerVan rit teen die berg op word baie sterk aanbeveel en onthou om 'n piekniekmandjie te pak vir stop bo teen die berg met die mooiste uitsig. Klipgooi van verskeie strande en aktiwiteite."
"Als loop net reg in Mosselbaai! Die beste munisipaliteit. Dorp van die Jaar, beste weer in die wêreld met lekker warm see. Wat meer wil 'n mens hê? In Mosselbaai waardeer en sien ons net meer God se skeppingswerk raak. Die mooiste sonsopkoms en sonsondergange! Mosselbaai sit jou net in 'n ander klas van lekker wil lewe en die lewe waardeer en geniet. Ons woon in Worcester, maar ek is op die Mosselbaai Facebook Groep 'n lid. So kry ek al die nuusgebeure, mooiste foto's en wat om nog te doen en plekke te sien se inligting. Ons as gesin is verslaaf aan Mosselbaai."
"Sonder twyfel een van die land se beste kusplekke - en jy hoef nie 'n hengelaar te wees nie. Heerlike lang strand vir stap en dankbaar wees vir al die voorregte. Lekker eet- en kuierplekke, wonderlike voëls en natuurskoon en natuurlik, walvisse! Witsand gee mens weer vrede, vreugde en moed vir die stadslewe. "
"Beplan jou roete. 'n Langnaweek is net nie genoeg nie. Die berge is so pragtig, selfs met die droogte is die natuurskoon uitsonderlik."
"Dis net jammer dat soveel van George se toeriste-besienswaardighede nie Sondae oop is nie, andersins is dit 'n pragtige dorp."
"De Rust is a wonderful, quirky little town with great character. There are plenty of coffee shops and breakfast and lunch spots. The surrounding areas also offer plenty to explore!"
"Tuinroete is ideaal vir 'n familie met jong kinders - oral iets om te doen en te sien."