Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9274 resensies.
"Ek dink beslis daar is baie om te doen, maar so min word geadverteer. Jy voel gestrand as jy nie self uitgaan en plekke soek nie."
"George en omgewing het pragtige natuurskoon en die kaaskoek op Hoekwil was 'n wenner!"
"Sal beslis weer gaan. Daar is baie om te doen en te sien in die omgewing."
"Verkeers-probleme en die nabygeleë township. Veiligheid kan bevraagteken word."
"Baie om te doen en te sien. Die Kango-grotte en Cango Wildlife Ranch is fantasties."
"Witsand lê my baie na aan die hart en is 'n lieflike, rustige dorpie as jy wil wegbreek van die geraas en gejaag van die stadslewe."
"Dit was die eerste keer dat ons Stilbaai besoek het en was aangenaam verras. Ons sal definitief weer kom kuier."
"Mal oor Plettenbergbaai. Gaan volgende jaar definitief weer. Kon nie alles doen in een week."
"Baie beïndruk met George en die mense, lyk na 'n uitstekende plek om te woon en 'n besigheid te vestig."