Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9274 reviews.
"Ons het al voorheen by Wildernis gebly en het daarom weer daar bespreek. Die 4 ster was net nie wat ons verwag het nie. Ons vorige ervarings was uitmuntend, asook al die eetplekke wat ons besoek het."
"Ons geniet dit om in Hartenbos vakansie te hou aangesien ons lekker kan stap sonder om oor ons veiligheid bekommerd te wees. Die walvisse was net min vanjaar, maar dis nie Hartenbos se skuld nie."
"Die baai self is 'n pragtige plek, sal vir enige een aanbeveel om te gaan draai op die strand."
"Daar is baie om te sien en te doen en is 'n baie mooi deel van ons land."
"Baie oulike outydse dorpie met baie aktiwiteite om as gesin saam te doen en dit is nie vêr uit mekaar uit nie. Baie beïndruk met die wegbreek Oudtshoorn toe."
"As oud Mosselbaaier, sal Hartenbos my altyd na aan die hart bly. Baie sentraal, jy kan lekker dag uitstappies na naburige dorpe hê."
"Haroldsbaai is baie rustig,veilig en sommer alles wat jy nodig het om te rus en jou siel te voed. Baie dankie aan LekkeSlaap se diens! Blyplek was volledig toegerus met meer as ons verwagtinge. Uitsig baie mooi. Sal waarlik weer van julle gebruik maak."
"Buite seisoen baie stil. Daar gaan nie veel aan nie. In seisoen is dit baie besig, met duisende mense, maar ons hou daarvan so, want ons wil ook deel van die baie wees. Baie konserwatief, spreektaal is Afrikaans."
"Voel net jammer vir die brand wat plaasgevind het. Kry die boere so jammer. "
"Die aktiwiteite vir 'n kleintjie was in perfekte radius van mekaar. Die diens was fantasties by al die plekke waar ons was: die swembad, spa, restaurante en speel area. Dankie almal!"