Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9657 resensies.
"Ons was erg teleurgesteld met die kwaliteit van die lewensredders wat daar diens gedoen het. Hulle was volgens ons nooit 100% gereed vir aksie nie, want hulle aandag word afgetrek deur vriende wat opdaag en dan vir ure aaneen gesels. Daar was ook 'n radio of iets soortgelyks wat klipharde musiek speel. Dan is hulle rug gekeer na die see, so hulle kan nie sien of hoor as daar moontlike probleme op die sand of in die seewater is nie."
"'n Groter verskeidenheid restaurante op die seefront sal lekker wees. Daar was nie regtig 'n goeie, billike restaurant waar 'n mens net lekker kan kuier nie."
"Daar is wel nie baie te doen vir die stadsjapies nie, maar die ou tronk is besonders en daar is baie ander interessante eetplekkies en winkeltjies waardeur mens kan snuffel. Dit is sentraal tussen die berg en die see, en bied ook baie buitelugaktiwiteite in die omgewing."
"Die verskeidenheid aktiwiteite en bestemmings in die Tuinroete verseker dat die besoek nooit vervelig sal wees nie, en die herinneringe legio."
"'n Pragtige deel van ons mooi land. Skoon en netjies met 'n wye keuse van eetplekke en aktiwiteite."
"Lieflike strand en lagoon. Baie interessante inheemse tuin met inligtingstukke reg voor Osler Place. Weggesteek in die industriële area van Stilbaai Oos, is daar 'n slaghuis met die lekkerste wors."
"Perfect for the beach lover, historian and if you are looking for little flea market shopping. I can recommend the market at the harbour area."
"Ons het van die rustigheid van die dorp gehou, veral na 'n besige dag in Hartenbos en Diazstrand."
"There are various vineyards situated close to George. It is also very close to the Redberry Farm. The Redberry Farm has lots of activities for both adults and kids, like picking your own strawberries. I highly recommend it for a view hours of fun."
"Dis 'n pragtige omgewing en ons het heerlik in 'n plaaslike restaurant geëet."