Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9657 resensies.
"Een van die lekkerste gesinsvakansie bestemmings in Suid-Afrika. Laat my altyd aan my jonger dae dink en daar is iets vir almal."
"Jongensfontein is seker een van die mooiste kusdorpies langs ons kus. Sekerlik 'n plek waar almal een maal moet besoek."
"Mooi skoon dorp met vriendelike mense en interessante plekke om te besoek."
"Die Spar bied 'n uitstekende voorraad van enige iets wat nodig mag wees; dit is dus nie nodig om in George alles te koop nie. Ons was oor 'n langnaweek daar, die broodrolletjies en brood was net uitverkoop. Daar is ook baie interessante eetplekkies al met die hoofstraat af."
"Tyd was te min om by als uit te kom, maar sal beslis volgende keer langer bly om die mooi dorp beter te leer ken."
"Just the right place to use as a basis when you want to explore the beauty of the Karoo or it's an amazing place for a tranquil break."
"It is a very tranquil beautiful place with very friendly people and very in tuned with nature."
"Pragtige dorpie met vele bedrywighede in die onmiddellike omgewing. Meiringspoort is asemrowend mooi en die publieke badkamers is pynlik skoon en netjies. 1ste klas toeriste-aantreklikheid."
"Prins Albert het kompetisie hier! Perfek geleë om Meiringspoort, Oude Muragie en Seweweekspoort pas te besoek. Lekkerste omelette van ons lewe geëet by the Village Trading post."
"Oudtshoorn is 'n rustige Karoodorp met gasvrye en vriendelike mense waar mens nog egte plattelandse gasvryheid geniet!"