Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3143 resensies.
"It is about 35 minutes from Pretoria. A peaceful respite from the city. We will explore more in the future."
"Ek kom van die Kaap so vir my is Johannesburg nie veel van 'n toerismebestemming nie."
"Ons het akkommodasie slegs gebruik vir 'n troue in die stad en omdat ons nie meer in die donker wil bestuur nie. "
"Soveel energie in Pretoria, was lekker vir 2 dae, maar ons het die Platteland se rustigheid gemis."
"Pretoria het 'n wye verskeidenheid plekke om te besoek. Van stadslewe of die rustiger bosveld net buite die stad."
"Voel nie soos 'n stad nie, eerder 'n groot dorp waar jy gou heen en weer kan ry. Baie om te doen en te sien as jy tyd maak daarvoor. Lieflike weer en gawe mense."
"Nie meer veilig nie. Voel nie gemaklik om daar te ry nie en bang om alleen in winkels te gaan."
"Bly maar woelig en handhaaf chroniese gevoel van weerloosheid waar dit by persoonlike sekuriteit kom. Deelkrag help nie in dié verband nie."
"Vir die doeleindes waarvoor ons daar was sou ek dit as 'n toeristebesoek beskou, maar dit is steeds vir my te kommersieel om as 'n werklike toeristebestemming beskou te word."
"Die stad self is net te besig vir ons plattelanders. Maar ons het nogsteeds 'n wonderlike naweek gehad."
"Moreleta is a quiet and safe place to stay. I wish I could relocate permanently."
"Alles was lekker naby. Kon alles kry wat ons nodig gehad het. Mense in die winkels was vriendelik en behulpsaam."