Verified Reviews
George
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in George
Rated 4.7 out of 5 based on 1016 reviews.
"George is 'n pragtige area. Ons het die Aarbei Plaas: Redberry Farm besoek en dit was die moeite werd. Baie gewilde bestemming en die kos was baie aangenaam."
"Dit is baie skoon en almal is baie vriendelik. George is 'n pragtige plek. Hou so aan."
"Ons het George as 'n vriendelike dorp ervaar wat toeriste baie goed aanvaar."
"George is 'n pragtige, skoon en netjiese dorp wat lekker sentraal geleë is tussen al die kusdorpies. Die boemelaars kan egter 'n groot probleem word indien die situasie nie aangespreek word nie."
"Ek raak nooit moeg vir George en die omgewing nie, soveel om te doen en sien!"
"George is 'n baie rustige plek, net 'n entjie van die strand af maar ook nie te erg nie."
"George is asemrowend-mooi. Die uitsigte oral en die naby liggende dorpe is net so mooi. Ek wens almal kan die geleentheid kry om God se handewerk in aksie te kan sien in die streek. Die mense is vriendelik en die rustigheid is aansteeklik. Ons het regtig lekker geslaap en gekuier."
"George was nog altyd 'n gewilde toeristebestemming en ek glo nie dit sal spoedig verander nie, nadat ek self daar gewoon het vir 15 jaar."
"George is 'n baie rustig plek en is perfek as jy wil wegbreek van die jaag van die stad, hetsy vir 'n vinnige breuk op die strand of na die baie mooi natuurskoon."