Geverifieerde Resensie
George
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in George bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1021 resensies.
"Ons ken George goed, het heelwat vriende daar. Sal môre soontoe trek. Lief die plek."
"Die Tuinroete bly maar net 'n heerlike plek. Lekker klimaat en baie om te doen in die omgewing. George is naby aan die see as jy wil ontspan op die strand by Vic baai, of Heroldsbaai of selfs bietjie verder soos Hartenbos, Mosselbaai of Wildernis."
"I see George as my hometown because I did most of my growing up there. I am always happy to visit again."
"Goeie bestemming en naby aan strande, soos Victoriabaai en Heroldsbaai. Kan oulike uitstappies neem na mooi plekke of naburige dorpe, soos Mosselbaai, Danabaai, Wildernis, Sedgefield, Knysna, Uniondale en Oudtshoorn. Mooiste wynplase, The Goose en Jakkalsvlei, koffie en gin-proe. Daar is baie om te doen vir die avontuurlustige, en goeie restaurante en die botaniese tuin."
"George is okay. Has beautiful views, but you find yourself traveling to Knysna, Sedgefield and Wilderness a lot. Good thing is distance is short."
"George is 'n uitstekende bestemming met goeie fasiliteite. Daar is letterlik iets vir elkeen. Dit het 'n plattelandse atmosfeer, tog 'n goeie sakekern. George beskik oor goeie sportfasiliteite, goeie vermaak, goeie restaurante en is geleë tussen die Outenikwaberge en die see, in 'n ongelooflike mooi area. Dit is 'n moet-besoek."
"Ons het George, Klein Brak, Groot Brak en Mosselbaai verken in die 2 dae wat ons daar was. Die kinders het gaan Zipline, ons het die Bartholomeus Diaz museum besoek en die lekkerste kos by De Vette Mossel gaan eet in Groot Brak en geswem by Klein Brak in die riviermond. Dis so mooi en 'n belewenis."