Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2599 reviews.
"Met die terugkom en deur Beaufort na Paasnaweek was dit weer vuil, en dronk haweloses het op sypaadjies gelê."
"Pragtige dorp met soveel mooi gerestoureerde huise van die 1800s, heerlike eetplekke en kunsgalery met groot verskeidenheid. Dorp word baie mooi instandgehou. Spookstories-staptoer in die aand was hoogtepunt."
"Ons was absoluut mal oor Merweville en sal beslis weer daar gaan kuier."
"Tydens paasnaweek is Beaufort-Wes se verkeer druk. Meer kan gedoen word om die veiligheid van die verkeer op te skerp."
"As jy hou daarvan om plattelandse dorpies te besoek dan is hierdie dorpie 'n juweel."
"Wonderlike dorp, sal enige tyd weer gaan! So goed onderhou en lyk versorg met liefde!"
"Pragtige historiese dorp. Wil graag langer kuier en meer leer. Die mense is vriendelik en gasvry."
"Die dorp is inderdaad 'n museumdorpie. Hou hierdie dorpie skoon en mooi sodat Chris Barnard se legacy kan voortbestaan."
"Een van die mooiste Kaapse dorpe, veral met die Swartbergpas in die nabye ongewing en al die besienswaardighede."
"Baie intieme en kreatiewe klein dorpie wat baie het om te bied en die mense is gasvry verby."
"Benodig advertensieborde by die kruising om te wys dat die Pastoriehuisie net 'n paar meter verder is om af te draai."
"Idilliese klein dorpie met pragtige landskappe en woonhuise. Die kultuur is 'n unike ervaring. Beslis 'n plek om te besoek."
"Het 'n bekende digter op die dorpie ontmoet. Dorp is skoon en die mense is vriendelik."
"Beautiful neat town with character and friendly people, definitely a must-see. Swartberg pass and Meiringspoort is spectacular."