Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2650 reviews.
"Not sure what all Beaufort West has to offer, but their accommodation options are awesome. If you have time, the Karoo National Park is a must. There are trails for all vehicles!"
"Sien Merweville as 'n pelgrimstog om weer met dit wat belangrik in die lewe is te "connect" - gaan stap in die stofstrate, mediteer in die kerk of babbel op die boekklub se stoep, maar doen dit net stadig."
"Besoek die museums, Chris Barnard- en stadsmuseum. Vir R100 kry jy 'n begeleide toer."
"Dit was ons eerste besoek aan Prins Albert. Maar definitief nie die laaste nie. Dis die mooiste dorpie. Lekker snuffelwinkeltjies, interressante mense. En geskiedenis. Daar is te baie om te doen vir een aand. Onthou om jou kuier te beplan vir 'n langnaweek."
"Met die terugkom en deur Beaufort na Paasnaweek was dit weer vuil, en dronk haweloses het op sypaadjies gelê."
"Pragtige dorp met soveel mooi gerestoureerde huise van die 1800s, heerlike eetplekke en kunsgalery met groot verskeidenheid. Dorp word baie mooi instandgehou. Spookstories-staptoer in die aand was hoogtepunt."
"Ons was absoluut mal oor Merweville en sal beslis weer daar gaan kuier."
"Tydens paasnaweek is Beaufort-Wes se verkeer druk. Meer kan gedoen word om die veiligheid van die verkeer op te skerp."
"As jy hou daarvan om plattelandse dorpies te besoek dan is hierdie dorpie 'n juweel."
"Wonderlike dorp, sal enige tyd weer gaan! So goed onderhou en lyk versorg met liefde!"
"Pragtige historiese dorp. Wil graag langer kuier en meer leer. Die mense is vriendelik en gasvry."
"Die dorp is inderdaad 'n museumdorpie. Hou hierdie dorpie skoon en mooi sodat Chris Barnard se legacy kan voortbestaan."
"Een van die mooiste Kaapse dorpe, veral met die Swartbergpas in die nabye ongewing en al die besienswaardighede."