Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2673 reviews.
"Dis 'n fantastiese russtop en definitief die moeite werd om deur die dorp te ry. Die rustigheid van die platteland is vir my as stadsjapie baie belangrik."
"Prins Albert is 'n baie aangename plek. Die strate is skoon en die plek is in 'n goeie toestand."
"'n Ongelooflike skoon en netjiese dorpie, baie vriendelike inwoners, pragtige geboue en lekker eetplekkies! 'n Besonderse mooi hotel! 'n Skoon en netjiese slaghuis! 'n Fees van 'n plek!"
"A quaint and authentic town accessed through a mind-blowingly beautiful journey over the Swartberg Pass - definitely worth a visit!"
"Klein besige dorpie oor naweke. Opening van winkels oor naweke, vir enige noodsituasies. Lekker vriendelike mense."
"Oulike restaurante. Orals is die mense vriendelik en het ons warm verwelkom. 'n Mens sal moet vroeër arriveer in die weeksdae of op Saterdae om alles te kan gaan besigtig wat die dorp het om te bied."
"Die Spur het 'n aangename atmosfeer, vriendelike personeel en die kos was heel lekker."
"Het nog nooit tyd gehad om die dorp met sy interessante ou geboue mooi te bekyk nie. Sou graag foto's daar neem in die regte lig."
"Ek het ongelukkig nie baie tyd daar spandeer nie, slegs oornag op my pad na Somerset-Wes. Die dorpie was netjies en skoon, met 'n rustige atmosfeer."
"It was an overnight stay, but Beaufort has everything you need. A beautiful part of the Karoo."