Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2673 resensies.
"Vir iemand wat graag olywe en olyfolie gebruik was dit nog altyd pragtig. Besoek graag die dorp."
"Pragtige skoon dorp so in die hart van die Karoo. Pragtige plek, wonderlike mense en lieflike omgewing. Stop gerus en geniet die plek en sy kosbare mense."
"We return to Prince Albert time and again, as we find it such an appealing destination."
"Die dorpie is pragtig en die mense is gasvry en vriendelik. Sal graag weer tyd daar deurbring!"
"Ons slegte verblyf het ons opvinding oor Prins Albert redelik bederf! Dit lyk egter na ‘n baie mooi plek."
"Die dorpie is stil en die mense vriendelik. Ons het Saterdag 13h45 in die dorp aangekom en Die Boekwinkel restaurant wat al 14h00 sou toe maak was meer as gewillig toe ons gebel het vooraf vir 'n wegneemmiddagete om ons the help. Hulle het gewag tot ons daar was voor ons kos gemaak is en dit was heerlik. Die personeel wat ons bedien het was ook heeltemal gewillig dat ons sit en nie wegneem vat nie, maar rustig daar eet en deurstap en 'n glasie wyn geniet. Jy sal ver gaan as stadsmens om sulke helder sterre te sien en die stilte te ervaar met net windpompe wat die nagstilte breek."
"Dit was vir ons 'n goeie opsie om oor te slaap op ons roete op pad terug na Pretoria toe."
"Teater groot trekpleister. Verskeidenheid eetplekke met gehaltekos. Die slaghuis is tops!"
"Baie mooi dorp, reik geskiedenis. Plekmatjies by 4Sheep het baie interessante brokkies inligting."