Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2570 resensies.
"Slaap al baie jare daar en sukkel elke keer om iets lekkers te ete te kry. Ek ry maar my eie saam."
"Baie oulike plek, laat my aan Dullstroom dink. Sal definitief weer teruggaan om weer die pas te ry en al die plekkies te besoek."
"Tensy jy belangstel in wat gebeur het met die Laingsburgvloed kan ek nie sien dat Laingsburg as toerismebestemming bemark word nie."
"Baie lekker vakansie vibe en tipiese toerisme dorpie. Kunswinkels en straatkaffees. Clarens in die Vrystaat op klein skaal."
"Mooi omgewing en lekker vir oorslaap of 'n dag of twee vertoef om die omgewing te verken."
"Ryk aan geskiedenis en museums indien jy in die geskiedenis belangstel. Geboorteplek van Dr Christiaan Barnard wat die eerste hartoorplanting gedoen het."
"Wat 'n bekoorlike dorpie, soveel om te sien en te doen, 2 dae is heeltemal te min, soveel restaurante met die smaaklikste kos. Die deli by die hotel verkoop heerlike geelvet-biltong en tuisgebakte brood."
"Na 'n 1000 km is dit fantasties om Beaufort-Wes te bereik en te ontspan. 4 Sheep 'n heerlike restaurant."
"Goeie oornagplek op pad see toe. Nie baie van dorp as tourists-bestemming gesien nie."
"Daar is ernstige waterbeperkings. Die dorpie se water word snags tussen 8pm en 6am toegedraai."
"Ons slaap al vir meer as 30 jaar oor in Beaufort-Wes en die dorpie se gasvryheid by ander plekke waar ons oornag het is altyd topklas."
"Our first impression of the town was good. Old buildings are impressive. The morning when we left around 4h00, the streets were very crowded with taxis and people which made it difficult to fill the car with petrol. That was an important lesson to us to fill up the night before. Although we didn't see much of the town during the day, what we saw was beautiful."