Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2599 resensies.
"In die 24 jaar wat ek daar deur ry is ek verheug saam met Beaufort-Wes vir die dam wat vol is!"
"Lovely place to sleep over, and while you are there, discover all the little treasures the town has to offer."
"'n Ou historiese en interessante dorp en omgewing wat meer as net oorslaap en aanry regverdig. Bly gerus vir meer as een nag en verken en geniet wat die omgewing bied."
"Ons was vriendelik by die vulstasie en winkel behandel toe ons later die middag 'n paar inkopies gedoen het en brandstof ingegooi het."
"As dit nie was vir die N1 wat deur Beaufort-Wes gaan nie, sal nie baie toeriste daar stop nie. Dis 'n goeie plek om te stop en oor te slaap."
"Daar sal wonderlike geleenthede wees in en om Beaufort-Wes vir toerisme, maar soos gewoonlik op die klein dorpies waar jy gaan is in SA is bedelary 'n groot probleem."
"Ons het die Karoo gasvryheid baie geniet. Oulike restaurant met lekker melkskommels en baie windpompe om af te neem!"
"Ons het net oornag, so ons het nie veel tyd gehad om die dorp te verken nie, maar kan wel 4sheep restaurant en winkeltjie aanbeveel vir 'n inloer."
"Ongelooflik ontwikkel vanaf die laaste keer wat ons hier deur is. Lekker om van die groter kettingwinkelgroepe en wegneemrestaurante hier te sien."
"Slaap al baie jare daar en sukkel elke keer om iets lekkers te ete te kry. Ek ry maar my eie saam."
"Baie oulike plek, laat my aan Dullstroom dink. Sal definitief weer teruggaan om weer die pas te ry en al die plekkies te besoek."
"Tensy jy belangstel in wat gebeur het met die Laingsburgvloed kan ek nie sien dat Laingsburg as toerismebestemming bemark word nie."
"Baie lekker vakansie vibe en tipiese toerisme dorpie. Kunswinkels en straatkaffees. Clarens in die Vrystaat op klein skaal."