Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2673 reviews.
"Daar is maar baie min om te doen, anders as om oor te bly om die volgende dag verder te ry. Of om deel te neem aan die jaarlikse MP Prinsloo Jukskei-toernooi."
"Ek het nog familie in Beaufort-Wes, maar die plek het baie verander, die geboue word baie nalatig behandel. Beaufort-Wes was 'n baie mooi dorp, dit kan weer wees as mense saamwerk."
"Die pad is wel deels grondpad, maar was in 'n goeie toestand. Geen probleem vir ons SUV nie."
"Daar is glo baie dwelmmisbruik onder die plaaslike gemeenskap, wat hoë misdaadsyfers tot gevolg het. Was al by die Karoo Nasionale Park wat pragtig en baie interessant was. Pragtige berge rondom Beaufort-Wes. Die goedkoopste diesel hier gekry in Beaufort-Wes. Die dorp het pragtige ou geboue en huise en 'n ryk geskiedenis. Chris Barnard is hier gebore en sy huis is 'n museum hier. Die mense by Spur is baie vriendelik en hulle kos is goed."
"Prins Albert het ons hart gesteel. Dit is ons 2de besoek aan hierdie pragtige dorpie aan die hange van die Swartberge! As jy jou siel wil voed, soek na stilte en waardering het vir die grootheid en andersheid van die Klein-Karoo en jy die Swartberge en Meiringspoort wil aandurf, dis 'n stukkie hemel om die Swartberge! Prins Albert word so mooi instand gehou! Dankie daarvoor! My gees is ook sommer meer sensitief vir my Skepper! Heerlike eetplekkies en winkeltjies met antieke versamelstukke en produkte van die plaaslike omgewing."
"Baie besige deur-roete tussen JHB en Kaapstad. Goed geleë vir oornagrus tussen die twee stede. Meer as genoeg gastehuise en eetplekke in die dorp."
"Heerlik om in die Karoodorp en die omliggende staproetes rond te dwaal. Al die inwoners het stories en tyd om dit te deel. Heerlike restaurante, kaas, wyn en kunservarings en 'n pragtige, gesellige hotel."
"Ek dink daar moet meer gefokus word dat meer mense wat op die lang N1 reis in Beaufort-Wes oornag ."
"Prince Albert is a lovely town, but be aware it is popular with tourists and ZA citizens alike. With this in mind don't assume you can just walk into a restaurant without making a booking. Also, note with trendy comes expensive prices. We had a meal at the Swartberg Hotel which was not great but quite pricey."