Verified Reviews
Green Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Green Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 496 reviews.
"Die wingerde in 'n andersins woestyn land maak dit 'n unieke belewenis. Jammer dat dit, soos bykans alle plattelandse dorpe in Suid Afrika (sowel as Namibia), so besoedel is met plastiek en papier en bottels ensomeer. "
"Ongelooflike plek! En die wyn is heerlik! Die mense is vriendelik en praat met die mooiste aksente. Die dorp is pragtig met al die water kanale. Wat 'n lekker plek. 'n Ander wêreld."
"Pragtige dorpie met 'n reuse Spar. Goeie opsie om te bly vir 'n oornag na Augrabies. Groen oase in die Oranjeriviervallei."
"Ons het Kakamas heel positief en baie vriendelik beleef. Ons sal graag weer daar wil gaan inloer."
"The Kokerboom Nursery is a must, Tannie Marina was so friendly and helpful, could of spent the whole day with her. "
"Ons het die Augrabiese-watervalle gaan besigtig net 'n jammerte dat die Oranjerivier kelders deur Desembermaande nie op Sondae oop is nie. Die pinkpadstal het dit opgemaak baie vriendelike ontvangs gehad waar ons het lekker wafels en roomys geëet het."
"Upington is ‘n baie netjiese dorpie met netjiese parke en oulike eetplekkies en wynproe plekkies."
"Pragtige ou dorpie, net jammer van die rommel, plastieksakkies ens. wat ons maar oral in ons mooi land sien."
"Onthou die Augrabies Watervalle, Kakamas, Riemvasmaak is nie ver vanaf Keimoes nie."