Geverifieerde Resensie
Green Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Green Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 486 resensies.
"Die wingerde in 'n andersins woestyn land maak dit 'n unieke belewenis. Jammer dat dit, soos bykans alle plattelandse dorpe in Suid Afrika (sowel as Namibia), so besoedel is met plastiek en papier en bottels ensomeer. "
"Ongelooflike plek! En die wyn is heerlik! Die mense is vriendelik en praat met die mooiste aksente. Die dorp is pragtig met al die water kanale. Wat 'n lekker plek. 'n Ander wêreld."
"Pragtige dorpie met 'n reuse Spar. Goeie opsie om te bly vir 'n oornag na Augrabies. Groen oase in die Oranjeriviervallei."
"Ons het Kakamas heel positief en baie vriendelik beleef. Ons sal graag weer daar wil gaan inloer."
"The Kokerboom Nursery is a must, Tannie Marina was so friendly and helpful, could of spent the whole day with her. "
"Ons het die Augrabiese-watervalle gaan besigtig net 'n jammerte dat die Oranjerivier kelders deur Desembermaande nie op Sondae oop is nie. Die pinkpadstal het dit opgemaak baie vriendelike ontvangs gehad waar ons het lekker wafels en roomys geëet het."
"Upington is ‘n baie netjiese dorpie met netjiese parke en oulike eetplekkies en wynproe plekkies."