Verified Reviews
Hartbeespoort
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hartbeespoort
Rated 4.5 out of 5 based on 616 reviews.
"Net jammer van die plakkers in die middel van die woongebied. Dit is uiters afbrekend en 'n mens voel onveilig om daar te ry in die aand."
"Ek persoonlik dink dit is 'n aangename, mooi en maklik bereikbare omgewing van enige plek in Gauteng. Baie om te sien en te ervaar as jy baie tyd het."
"Mooi dorpie met baie interessante besienswaardighede. Darem net baie baie jammer vir die probleem met die hiasinte, maar ons glo daar word aandag aan gegee."
"Ons het al verskeie kere in die omgewing gekuier en geniet die omgewing. Daar is baie ontwikkeling en ek glo dat dit nog meer van n toeriste aantreklikheid sal word in die nabye toekoms."
"Die strate in die omgewing is in 'n slegte toestand met al die potholes. Daar kan dalk ook gekyk word na straatligte in die hoofstraat, dit sal besoekers help om snags hul bestemmings makliker te breik as jy vreemd in die omgewing is."
"Nieteenstaande die benarde toestand van die dam (indringerplante) bly Hartbeespoort toegesak deur besoekers. Puik toerismediens ervaar (Jasmyn, Camelion Village, Cable Way, Pretville). Cock & Bull julle rock!"
"The place is fine, it's just that the tar road heading to the lodge is very bad, I think the government should do something to sort that out. "
"Slegs een restaurant, by klubhuis, en die restaurant was nie 'n goeie ondervinding nie."
"The Butchery has the best meat and the Foodzone has the most greatest buns and service."
"Baie lekker bestemming, maar daar moet regtig aandag aan die regmaak van teerpaaie gegee word."
"Altyd 'n wonderlike omgewing vir 'n kort wegbreek. Baie om te sien en te doen in die omgewing."
"Daar was 'n vreeslike groot party by die dam deur die nag wat eers tot einde gekom het die volgende oggend 06:00. Die geraas het getrek tot by die huise in die kompleks en was enigste rede hoekom ek nie weer akkommodasie daar sal oorweeg nie. "
"Die area het geweldig gegroei in die laaste 30 jaar. Daar is heelwat plekke om te gaan en aktiwiteite om aan deel te neem."
"Ons was redelik sentraal geleë om die draai van lekker restaurante en die dam met pragtige sonsondergange. Ons het wel in die dag deur gery Sun City toe. Maar Schoemansville het vriendelike mense en mooi areas."
"Baie plekkies het maar oor die jare agteruit gegaan, maar darem is daar ook heelwat nuwe plekkies wat oop gemaak het, so ons geniet dit steeds om uit te ry daarheen."
"Very quiet area, municipality has to just fix the potholes on the roads."