Geverifieerde Resensie
Hartbeespoort
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hartbeespoort bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 614 resensies.
"Slegs een restaurant, by klubhuis, en die restaurant was nie 'n goeie ondervinding nie."
"The Butchery has the best meat and the Foodzone has the most greatest buns and service."
"Baie lekker bestemming, maar daar moet regtig aandag aan die regmaak van teerpaaie gegee word."
"Altyd 'n wonderlike omgewing vir 'n kort wegbreek. Baie om te sien en te doen in die omgewing."
"Daar was 'n vreeslike groot party by die dam deur die nag wat eers tot einde gekom het die volgende oggend 06:00. Die geraas het getrek tot by die huise in die kompleks en was enigste rede hoekom ek nie weer akkommodasie daar sal oorweeg nie. "
"Die area het geweldig gegroei in die laaste 30 jaar. Daar is heelwat plekke om te gaan en aktiwiteite om aan deel te neem."
"Ons was redelik sentraal geleë om die draai van lekker restaurante en die dam met pragtige sonsondergange. Ons het wel in die dag deur gery Sun City toe. Maar Schoemansville het vriendelike mense en mooi areas."
"Baie plekkies het maar oor die jare agteruit gegaan, maar darem is daar ook heelwat nuwe plekkies wat oop gemaak het, so ons geniet dit steeds om uit te ry daarheen."
"Persone wat nie ‘n viertrekvoertuig het nie, gaan moontlik sukkel met die steiltes. Uitsig oor die dam is baie mooi."
"Behalwe vir die gemors in die dam, is Schoemansville 'n plekkie wat ek graag besoek."