Verified Reviews
Highlands Meander
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Highlands Meander
Rated 4.5 out of 5 based on 929 reviews.
"Ons spandeer minstens een naweek per jaar daar vir die laaste 15 jaar. Vergelyk dit altyd met Clarence en 8/10 keer gaan ons terug na Dullstroom."
"Dullstroom is so 'n amazing plekkie om bietjie weg te kom. Pragtige wêreld en lekker weer as jy van koue hou."
"Baie eetplekke en ander interessante winkeltjies. Alles binne loopafstand. Baie gewilde besoekplek. Ideale omgewing vir forel hengel."
"Lekker plek uit die stad en baie shops en eetplekke. Gaan na die Birds of Prey, dit is a must. Dullstroom is ’n lekker plek en lekker weer om te ontspan."
"You need an off-road vehicle to travel the streets in town. Very limited on dinner options."
"Die gehalte van die winkeltjies het vir my tot 'n mate agteruit gegaan in vergelyking met 'n paar jaar gelede. Clarens sit vir Dullstroom by vêrre ore aan wat dit aanbetref. Wat restaurante aanbetref was ons aangenaam verras. Ons het vier verskillende restaurante besoek, en die gehalte van die kos was puik, en die pryse was baie billik!"
"Pragtig! Besoek gerus die Birds of Prey naby Dullstroom. Dit was 'n baie leersame en genotvolle uitstappie."
"Die mense is vriendelik and probeer hul beste gedurende hierdie moeilikke COVID19-tydperk."
"Moontlik agv Covid was dorp baie stil met baie plekke gesluit. Ek verstaan Dinsdae is hul stil dag."