Verified Reviews
Highlands Meander
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Highlands Meander
Rated 4.5 out of 5 based on 929 reviews.
"Wel almal moet die Hillbilly Bar besoek tydens hulle kuier in die omgewing, hulle mini eisbeins is nou vir jou die beste, hulle is so sag hul val van die been af. Hulle slaaie selfs is so lekker. Die diens daar is ook natuurlik ook fantasties. Ek hoop ons resensie neem meer mense na die wonderlike plekke toe. Hiertoe plekke is so wonderlik omrede hulle nie massa kosse kook nie, vir elke persoon maak hulle die kosse vars en dit is waar die verskille inkom, kosse wat teen die regte pas gemaak word is kol wat 'n mens kan geniet. In die stede word kosse te vinnig voorberei en daarom is die mense se kosse die beste. Gaan toets dit. Julle sal nie spyt wees nie."
"Ek sal elke jaar terug Dullstroom toe gaan om al die lekker plekkies weer te besoek, the Coachman is 'n moet as jy Dullstroom toe gaan."
"COVID-19 lockdown het seergemaak, maar die lewe begin terugkom. Dit is steeds die moeite werd om te besoek."
"Die perfekte blyplek vir rustig wees en om jou lewe te gaan geniet. Geen stadsgejaag. Net 'n plattelandse dorp wat jou nuwe spoed vir die lewe gee. "
"Stayed at Dullstroom many times over twenty years. Would like to see perhaps more visible security in general in the town, as crime is sadly on the increase."
"Belfast het baie aandag as dorp nodig. Strate ook sleg. Pragtige ou geboue is verwaarloos. Dit so lekker sentraal geleë. Ek dink met die nodige opknapping is dit 'n wonderlike oornagplek."
"Oulike dorpie, ons weet nie genoeg van die interessante dorpies in ons land nie. "
Waterval Boven, Highlands Meander
Ease@Epa Valley Farm Stay"Die dorp bied nie veel vir die toeris nie, maar om bietjie rond te ry maak die omgewing op daarvoor. "
"Ons het te min rondgeloop en die plek verken om ordentlike terugvoer te gee. Enigste rede hoekom ons oorgeslaap het, was om die Parkrun te gaan doen."
Waterval-Onder, Highlands Meander
Wayside Lodge"Pragtige natuurskoon, veilig en naby vele interessante besienswaardighede. "
"In Dullstroom vind jy jouself. Die rustigheid en die mense wat daar bly laat jou altyd welkom voel. Sal definitief weer teruggaan, sonder om twee keer te dink. Dullstroom is definitief 'n vakansie-, sielvinding-bestemming."
Waterval Boven, Highlands Meander
Luilekker Guest House"Redelik sentraal, ons het die Krugerwildtuin, Hazyview Zipline en Dullstroom se Dunkeld country and equestrian estate en Nelspruit besoek."
"Die dorpie het heelwat eet- en kuierplekke en ons het net paar besoek, as jy net wil rustig wees en ontspan, spandeer paar dae daar, dit sal weer jou batterye laai en verfris laat voel. Ons was nogal verbaas om die billike pryse by al die eetplekke te sien, al was ons naby aan Kersfees en gedurende die vakansietyd daar, ons is baie dankbaar daaroor."