Geverifieerde Resensie
Highlands Meander
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Highlands Meander bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 965 resensies.
"Dis 'n klein besige dorpie met baie om te sien. Ons was verbaas oor die keuse tussen 23 restaurante. Dullstroom word verseker beter onderhou en ontwikkel as die ander klein dorpies in die area."
"Roads need to be upgraded in Dullstroom and its surrounds."
"Wat 'n heerlike, pragtige klein dorpie. Dit is ook honde-vriendelik. Love dit! Baie om te doen en te sien in en om die omliggende omgewing. "
"Dullstroom is 'n besonderse rustige plekkie in Mpumalanga wat die toeris so baie bied om te geniet. Daar is 'n verskeidenheid restaurante en winkels wat iets van alles onder die son aanbied. Handgemaakte sjokolade, heerlike koffiebone, die lekkerste biltong en natuurlik 'n dorpie met 'n hotel uit die boonste rakke. Al die personeel is vriendelik en behulpsaam met heerlike koel weer en forel-teëlplase."
"Oulike dorpie en lekker uiteet-restaurante. Ongelukkig bitter min kunsvlytwinkels wat tipiese eie aan Dullstroom geskentjies verkoop. Alles African so dis baie vir die toeristemark. Nie baie vir ons plaaslike mense soos bv. Clarens nie."
"Winkels en van die koffiewinkels wat 5 uur op 'n Vrydag en Saterdag toemaak maak nie vir my sin nie."
Machadodorp, Highlands Meander
Moulin Manor"Machadodorp het ongelooflike potensiaal. Die huise en kerke is baie mooi, maar die stand van paaie en skoonheid is die dorp se ondergang. "
"Rustige dorp met lekker eetplekke. Het die ou Hotel se voorgeregte geniet en Mayfly Restaurant se kos en diens was baie goed."
"Ons geniet Dullstroom omdat dit slegs 2 ure van Pretoria af is en dit is 'n lekker wegbreek nie te ver van die huis af nie. "
Waterval Boven, Highlands Meander
Luilekker Guest House"Daar moet net genoem word van die tol hek van R78 tussen Waterval Boven en Machadadorp."
Machadodorp, Highlands Meander
Moulin Manor"Baie sentraal as basis vir al die besienswaardighede binne 'n dagreis daarvandaan."
Machadodorp, Highlands Meander
Millys Restaurant and Chalets"Nothing much here, but is a good stopover place. "
"Dullstroom het interessante snuffelwinkeltjies, maar ongelukkig geen ander aantrekkingskrag vir ons nie. "
"Dit was bietjie steurend dat baie van die winkels en restaurante toe is omdat dit nie naweek was nie. Ons het juis daar oorgebly om die toeriste winkeltjies te besoek en uit te eet. As Dullstroom net 'n bestemming vir naweke is, moet hulle dit so adverteer."
"Wonderful little town just to stroll around and buy buy buy and of course enjoy the food and live music."
"We have friends from Namibia that like to visit the KNP and especially the stop at Dullstroom to visit Harrie's Pancakes."