Verified Reviews
Hoedspruit
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hoedspruit
Rated 4.6 out of 5 based on 417 reviews.
"Is een van ons gunstelingeplekke om te besoek. Baie om te doen in die omgewing, oulike dorpie met alles wat jy nodig het."
"Hoedspruit is een lekker dorpie. Met lekker restaurants, shops en die nasionale wildtuin naby. "
"Die omgewing het altyd baie om te doen en sien. Ideale toerisme bestemming."
"Aangenaam verras met al die dienste en fasiliteite beskikbaar op Hoedspruit. Heelwat interessante bestemmings en aktiwiteite in die omgewing. Die spa, gholfbaan, en eetplekke almal 'n besoek werd."
"Ek is vir die eerste keer in my lewe hier en is baie beïndruk deur vriendelike mense en diens."
"Hoedspruit as 'n basis vir omliggende attraksies is goed, maar bied nie self genoeg om 'n mens besig te hou nie."
"Hoedspruit het baie oulike winkels, die wildtuin se hek is baie naby en ek sal definitief Moholoholo aanbeveel"
"This was my first time in Hoedspruit and what a surprise! The town was clean and beautiful. Any animal and nature's lover dream. Hats off to Hoedspruit."
"Gaan eet by die Marula pub, ry die boot op Blyde River Canyon en maak 'n draai by Moholoholo."
"Ons was baie beïndruk met die inkopiesentrum net buite die Hoedspruit Wildlife Estate. Dit was gerieflik as mens vinnig iets nodig gehad het."
"Ek sal beslis Rooibos Bush Lodge, sowel as Fine & Country Hoespruit te Hoedspruit Wildlife Estate aanbeveel."
"Nie werklik nie, want ons kinders bly daar en als is baie gerieflik geleë en ons het sorglose kuiers gehad en almal is baie vriendelik en behulpsaam."