Geverifieerde Resensie
Hopetown
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hopetown bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.3 uit 5 gekry volgens 106 resensies.
"Heerlike oornaggeriewe, maar onprakties vir lang verblyf. Dis 'n veilige, mooi versorgde plek."
"Die dorp toon tekens van vernuwing, maar die strate is vuil en onversorg. Ek glo wel Covid het hier 'n baie erge effek gehad en hoop dat dit mettertyd weer sal verbeter. Ons kuier graag op klein dorpies en glo dat ons so 'n bydrae lewer tot die heropbou van gemeenskappe. Ons beste wense vir Hopetown se gemeenskap."
"It is a very small town and has not much to offer. It's a convenient stopover from Cape Town to Pretoria/Brits. The restaurant at "Die Stalle" might not look like much but the food (and cold beer) was amazing."
"Mens dink dis 'n agter dorpie, maar glad nie. Hulle OK Express winkeltjie is uitstekend en skoon."
"Net vir oornag, die dorpie is aan die agteruitgaan. Paaie in dorp baie sleg, grondpad waar ek gery het."
"Dit is 'n klein dorpie met geen restaurante in die aand, maak seker jy het alles om self kos te maak."
"Nie baie gesien nie, maar wat ons wel gesien het, was interessant. Die naam van die dorpie is vir my pragtig en sê baie."
"Het nie die dorp gaan verken nie, so ek kan nie sê wat se besighede het hulle nie. A.g.v. slegte pad op pad Orania toe, was ek uitgerus en kon rustig ry en behoorlik konsentreer om slaggate te mis."