Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 1929 reviews.
"Gerieflik naby Augrabiese valle, Riemvasmaak, Die Mas en verskeie ander eetplekke en besienswaardighede."
"Ek wil daar gaan aftree. Nooit geweet dit is so 'n skoon en netjiese dorp met soveel vriendelike en gasvrye mense nie. Kan nie wag om weer te gaan besoek nie."
"Keimoes is 'n pragtige dorp. Die perfekte afslaanplek vir iemand wat die Karoo en Kalahari wil verken."
"Augrabies-watervalle, Oranjerivier-wynkelders, Die Mas-kelders vir brandewyn en vodka is goeie rede om in Upington te kuier."
"Pofadder is 'n klein, netjiese dorpie so dit hang af waarheen jy op pad is. Nie veel om te doen in die dorp nie."
"Ons het 'n baie traumatiese ervaring in dorp beleef, hul het ons deure probeer oopruk en goed van ons voertuig probeer afsteel."
"Dit mag dalk nie vir almal se smaak wees nie, maar ons het dit ongelooflik geniet."
"Wat 'n asemrowende gesig was dit nie. Al wat ek kan se is WOW WOW WOW! Hulle kan dalk daaraan dink om die sisteem met ingang en betaling bietjie te verander. Ons was 07:00 daar en het 45 minute in die ry voor die hek gewag daarna moes ons na die ontvangs binne die park gaan om te betaal wat nog meer as 'n uur van ons tyd in 'n ry geneem het."
"Opvallend hoe skoon en netjies die dorpe in die Noord-Kaap is in kontras met van die ander dorpe tydens ons reis na Augrabies."