Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1929 resensies.
"Baie interessant en uitdagend!! Stel net asb. aan besoekers bekend dat die Riemvasmaak pad nie met 'n VW Polo gery word nie! Amper stamper moes ons daar oorbly!"
"Ons het die Augrabies-waterval geniet. Ongelukkig het die personeel by die hek nie professioneel klante hanteer nie en het dit tot 'n lang vertraging gelei om die natuurreservaat te betree."
"Baie dankie vir uitstekende verblyf in Kathu. Sal definitief weer daarvan gebruik maak. Gasvrou en gasheer was baie vriendelik en behulpsaam."
"Ons kan dit regtig aanbeveel vir besoekers wat na die KTF reis."
"Ons was aangenaam verras deur Kathu. Dit is 'n vooruitstrewende dorp met netjiese strate and winkels - selfs 'n winkelsentrum of twee. Daar is ook 'n paar goeie restaurante en koffiewinkels."
"Ons het na die Oog gaan kyk. Onduidelik waar om toegang te kry. In hoofstraat ingestap. Personeel en persone is baie vriendelik."
"The Falls are well worth a visit. The exceptional sparse vegetation on the verge of the Orange river was unexpected."
"Die valle is baie mooi. Die houtpaadjies kort aandag en die restaurant is vuil."
"Kathu is besonder skoon en netjies wanneer vergelyk word met ander dorpe wat ons besoek het op ons reis. Dit blyk 'n pragtige dorp te wees."
"The current bad road conditions are a huge drawback in making Van Zylsrus the tourist destination it deserves to be. With road conditions as they are, the tranquillity, beauty and charm of this clean little village is neither enjoyed nor explored. This wonderful introduction to the Green Kalahari and stepping stone to the Kgalagadi Transfrontier Park is being stifled by the current poor road conditions."
"Sal Kakamas weer besoek, het nie al die benoemingswaardighede besoek nie. Die Pienk Padstal was ons vashaakplek. Lekker geëet en gekuier by baie vriendelike eienaar!"
"Die Groen Kalahari is 'n juweel in Suid-Afrika se kroon en die gasvryheid en warm mense maak dit baie besonders."
"Die begraafplaas in haglike toestand. Die mense van die eiland se voorouers lê daar begrawe en niks word gedoen om dit netjies te hou nie. Grafstene word beskadig. Skande."