Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 1929 reviews.
"My ouers het lank op Kakamas gewoon en dus is dit vir my die beste plek in die Noord-Kaap."
"Die waterwiel kan beter opgepas word en nie tot niet laat gaan nie. Die bedellende jeug kan dalk ook beheer of besig gehou word."
"Augrabies is baie interessant en is die besoek werd. Ons het al die looppaadjies geneem en kon 'n mooi uitsig oor die waterval kry. Die diens by die ontvangs by die Oord was puik. Ons het geen probleme gehad nie."
"Kuruman as dorp kan baie doen om hulle as toeristebestemming te bemark. Die Oog bv. wat 'n groot toeristeaantreklikheid is of was, is baie verwaarloos en het oor die afgelope paar jaar baie agteruitgegaan. Die dorp behoort ook aandag te skenk aan straatnaamborde, wat omrent nêrens te siene was. Hier moes ons ons instink gebruik het om ons pad te vind."
"Baie agteruit gegaan. Die dorp is nie skoon nie en is nie veilig om laat in die middag daar rond te stap nie."
"Something to bear in mind is that the dinner service has limited hours on a Sunday. We were well in time and love our meal but for those who arrive later you may miss out on the delicious Sunday evening meal. "
"Hoofpad bietjie bedrywig met lorries in die nag. Bietjie moeilik om uit die lodge uit te kom in die hoofpad in, van die plante belemmer die sig van aankomende verkeer. "
"Kakamas is 'n wonderlike dorpie vol karakter. Dit is ook gerieflik naby die Augrabieswaterval geleë."