Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 1921 reviews.
"Kuruman is a buzzing town despite it's size. Even though the language is different, it felt as if I was at home, the people are beautiful and very helpful. Enjoyed taking a stroll through town and appreciated the presence of SAPS. "
"Ons het die valle met al sy geriewe, die nagrut in park, die ontsaglike vriendelike mense in die park vreeslik geniet. Die gemeenskap met winkels, kelders ens. was kosbaar. Groen Kalahari was 'n groot voorreg. "
"As mens so lank in die Kalahari gewerk soos ek, dan bly die Kalahari in jou bloed."
"Onveilig in dorp, maar vriendelike mense en baie aangename Spur help nogal."
"Dorp het baie agteruit gegaan vandat ek laas daar was. Baie jammer want dit is oulike dorp. "
"Keimoes het baie besondere toeriste-besienswaardighede. Vir sommige daarvan moet jy maar bietjie moeite doen en rondvra. Die mense is baie vriendelik en vertel graag van hulle dorpie."
"Die lang afstande is die moeite werd. Die eenvoud van die lewe tref jou nogal. Wat maak ek in die stad, vra jy jouself gedurig."
"Goed geleë vir die reisiger maar ongelukkig is daar heelwat swaer vragmotors wat in die nag deur die buurt ry."
"Dis 'n pragtige omgewing wat verken moet word. Ritte tussen die landerye, besoek aan Augrabies waterval en Riemvasmaak is vol verrassings. Dorpe soos Upington en Keimoes vertoon netjies en interessant, maar Kakamasdorp is 'n teleurstelling. Ek sê dit nie maklik nie want ek het daar grootgeword. Die strate is vuil en vol slaggate en die hoofbegraafplaas is verniel en 'n weiplek vir die buurt se bokke en donkies. Die munisipaliteit behoort hom te skaam! Die toeristekantoor in die historiese transmatorgebou was nie eens oop oor 'n naweek toe die omgewing gewemel het van die toeriste nie."
"Die Augrabiese watervalle buite Kakamas was die hoogtepunt van ons toer die naweek."
"Die Kalahari is ‘n unieke deel van Suid-Africa waar waarlik rus en vrede gevind kan word."
"Die Oog is 'n sterk aantrekking, maar dit is slordig versorg en die omheining is sodanig dat mens nie naby die water kan kom nie. Skep die indruk dat dit nie instand gehou word nie."
"Keimoes is so 'n mooi deel van ons land. Net jammer dat, soos met so baie ander dorpe, die munisipale dienste net nie meer op standaard is nie. "Plastiekblomme" (rommel langs die pad) doen dit net nie vir ons nie. Ons bly egter hoopvol dat 'n kultuur van omgee vir die natuur en omgewing by alle inwoners van hierdie mooi land sal posvat. In die kusdorp waar ons woon, dra ons 'n rommelsak saam wanneer ons gaan stap en spreek rommelstrooiers vriendelik aan wanneer hulle mors. Hopelik maak ons hierdeur self 'n verskil. "