Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 1921 reviews.
"Dit was ons eerste toer deur die Kalahari en sal dit beslis aanbeveel vir almal wat na aan die natuur leef. Die streek het 'n bekoring van sy eie. "
"Dit was baie bedrywig tydens ons besoek aangesien dit paasnaweek was. Ek dink mens kry alles wat jy nodig het in Kathu."
"Nog altyd 'n bestemming na aan my hart! As jy in Suid-Afrika woon en nog nooit in die Kalahari was nie, dan mis jy groot uit. Die wonderlike natuurskoon eie aan die streek met miljoene sterre om jou te betower, troppe springbokke en gemsbokke, wat meer wil jy hê om jou siel te laat rus?"
"Behalwe die "Oog van Kuruman", is daar nie veel te sien nie. Dit bly uiteraard die deurgang na die Noord-Kaap en Kgalagadi."
"Dit is perfek geleë as n oornagplek om Augrabies Nasionale Park te besoek. Ons kom weer!"
"Beide die waterval en die park is oorweldigende ervarings! Sal graag weer wil gaan."
"Laat genoeg tyd toe. Daar is baie om te doen en te kyk. Die restaurant by die vallei is uitstekend."
"Dit het maar 'n tipiese Afrika dorp geword met papiere wat die wêreld vol lê in parkeerterreine."
"Ons kon langer daar bly aangesien daar baie is om te sien in die omgewing."
"Waterfall, green, vineyards, fishing, hiking, 4x4, hunting, no one to bother you ... what more do you want?"
"Iets heeltemal anders as enige Sanpark in die land. Elkeen moet die andersheid kom beleef en ervaar asook die waterval, glo dit sal 'n wonderlike gesig wees as dit sterker vloei!"
"Ons was baie beïndruk met die Augrabies Nasionale Park en die geriewe daar binne."
"Ons het 5 uur die middag daar aangekom, moeg gery, kos gemaak, gestort en gaan slaap, is weer die volgende oggend 5 uur daar weg. Niks van Upington gesien nie, sal graag wil teruggaan."