Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 1929 reviews.
"Die omgewing is mooi in die somer, maar die dorpie self is nie 'n treffer nie. Miskien het ek te min tyd daar gespandeer."
"Ons het verneem dat Kuruman nie meer veilig soos 'n tipiese klein dorpie is nie. Dis baie jammer dat dit verander het."
"Augrabies is 'n fantastiese bestemming, en vir die natuurliefhebber is dit 'n moet!"
"Kuruman self het baie opknapping nodig. Die Moffat Museum is pragtig, atmosferies, en ongelooflik histories. Onlangs gerestoureer. Definitief die moeite werd om dit te besoek. Daar is 'n probleem van diefstal in Kuruman, so wees maar bewus van jou omgewing. Die nuwe Checkers Mall is aangenaam om te besoek."
"Het nie lank oorgebly nie, net die Waterval besoek. Augrabies Nasionale Park word goed bestuur. Restaurant is heerlik om by te eet. "
"Ons het net die Augrabies Waterval besoek. Dit was in die geheel 'n baie positiewe ervaring en redelike waarde vir geld."
"Ons ervaar die dorp meer as 'n deurgangsroete en het nie tyd spandeer in die dorp self anders as oorslaap nie."
"Alles wat jy nodig het is hier beskikbaar. Dit is 'n mooi, netjiese dorp."
"Die beste ontvlugting van die wêreld se sorge en ellendes! Kgalagadi is in my bloed. My geboortegrond! "
"Dit is vir my 'n goeie rusplek op pad na Potchefstroom of op pad terug na my land Namibië."
"Die oog is pragtig om te gaan sien, met al die visse. Die Moffat Mission was baie interessant."
"Eersteklas toeristeattraksies, lekker rustig en geen of min besige paaie. Lekker gekuier in die Kalahari, met die hoogtepunt natuurlik ons kuier in die Kgalagadi Oorgrenspark!"