Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11392 reviews.
"Onseker of dit regtig 'n toeristebestemming is - eerder 'n ideale "halfwegstasie" tussen Johannesburg/Pretoria en Kaapstad om die groot afstand mooi eweredig oor twee dae te versprei. Maar dit is tog eintlik 'n mooi plattelandse dorpie met 'n unieke ligging in die Bo-Karoo."
"Ken die area en verblyfplekke nie juis goed nie. Slaap net altyd by Kambroo oor vir die ligging en afstand tussen begin en eindpunt."
"Pragtige dorpie. Vriendelike mense. Baie mooi verblyfplekke en genoeg eet- en kuierplekkies. Interessante winkeltjies om oulike snuisterye by uit te snuffel. Mikro Sentra het ook alle kruideniersware wat mens ook al mag nodig het. De Rust is baie sentraal geleë vanwaar mens in elke rigting baie plekke kan besoek."
"Vriendelike, interessante dorpie. Die meeste van die oulike, interessante winkeltjies was egter toe alhoewel dit op 'n Donderdag en Vrydag was. "
"Absolutely lovely dam and environment - I will recommend the stay in this area above a bigger town anywhere."
"Baie mooi en netjies, as daar 'n kafee kan oop wees op 'n Sondagmiddag kan dit beter wees."
"Restaurant was net 350m ver van ons bestemming. Aandete daar geniet en saam met die pragtige uitsig was dit 'n baie aangename ervaring."
"Ons wou 'n "cocktail" by De Steijl gaan drink (dit word op 'n reklamebord geadverteer), maar is summier weggewys. Ons wou ook in die damwal ingaan, maar is meegedeel dat daar al vir 'n paar jaar nie meer toere is nie."
"Julle sit op 'n goudmyn, maar als baie verwaarloos by die damwal, daar is soveel potensiaal veral noudat hy oorloop en mense 'n ekstra draai ry om dit te sien."
"Kan ongelukkig nie veel van Colesberg sê nie, want ek het laat ingekom en weer vroeg vertrek."