Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Wonderlike rustige dorpie met vriendelike mense en vol interessante stories. Ons het dit baie geniet."
"Die plekkie is vol stories, maar die gebrek aan veiligheid van die eiendom maak dit onaangenaam."
"'n Pragtige dorp met die mooiste kerk en beste hotel wat ek in 'n lang tyd by gebly het. Dit is dus die ideale hotel vir enige funksie."
"Carnavon het 'n heerlike restaurant, Lord's Kitchen, wat van 16h00/17h00 af oop is (hang af wat die dag is wat jy besoek). Alle ander winkels maak 17h00 toe, dus moet jy seker maak jy het alles wat jy nodig het vroegtydig. Daar is nie goeie selfoonseine nie, dus, as jy van alles af wil wegkom, is dit die ideale plek."
"Ons het bietjie meer verwag. Jy kan allerhande lekker aktiwiteite in die omgewing doen veral by Olive Grove Guest Farm, maar moes toe terleurstellend uitvind dat dit slegs beskikbaar is wanneer jy Olive Grove se verblyf geboek het."
"Graaff-Reinet het die pragtigste huise en argitektuur. Die strate is mooi skoon en ek sal graag weer wil kom kuier. Ongelukkig was die Drostdy Hotel nie toeganklik nie a.g.v 'n troue. Ek sou graag die hotel wou besoek."
"Graaff-Reinet was nog deur die jare 'n unieke plek om te besoek. Weens besondere familiebande het ons 'n lang verbintenis met dié dorp en verdiep ons ons gereeld in die geskiedenis en stories van die omgewing. Ongelukkig laat verval in bestuur van die dorp diep en sigbare spore, wat vererger word deur die armoede en bevolkingsdruk wat so 'n deel van ons samelewing is. Terwyl dele van die dorp skoon en aantreklik is, is byvoorbeeld die "bergpad" – steeds 'n wonderlike plek vir stap en draf – se ingang van die dam se kant so vuil dat dit afbreuk doen aan die natuur wat die besoeker wil geniet."
"Baie beïndruk met hoe mooi skoon die dorp is en die vriendelikheid van almal: van die petroljoggie wat moes help dooie sprinkane afwas tot die personeel in die keurige kafeetjie! Baie vriendelike en ooglopend gelukkige kindertjies oral."
"Ons het verby 'n baie gesellige restourant gery op pad na die gastehuis. Jammer ons het nie tyd gehad om daar saam te eet en kuier nie. Ons het uitgemis. Dis sulke goed wat mens die karakter van die dorp en sy mense laat mis. Ons sal beter beplan volgende keer."
"Nieu-Bethesda is bekend vir die Uilhuis, maar daar is soveel meer om te doen, maar mens hoef nie elke dag rond te hardloop nie. Dis ook 'n baie lekker lê-en-rus-dorpie. Die mense is vriendelik en behulpsaam. Sou jy iets nodig kry wat jy nie by die plaaslike winkeltjie kan kry nie, is die rit Graaff-Reinet toe 'n baie lekker een."
"Britstown het 'n geweldige arm gemeenskap met baie nood. Die dorp word verwaarloos deur die lokale munisipaliteit. Die boere in die omtrek maak meestal van die groter dorpe gebruik alhoewel daar 'n OVK in die dorp is. Daar is nie baie werksgeleenthede in die dorp nie a.g.v. disinvestering."
"Victoria-Wes, soos enige klein dorpie in die Karoo, het sy bekoring, sy mense mense en natuurlik die lekkerste skaapafval by die Merino Restourant."
"Slegs oornag en nie geleentheid gehad om die dorp te verken nie. Hou van die rustigheid."
"Het al in baie plekke gebly in Colesberg, maar soek nog die plek wat aan vereistes voldoen. Goedkoop verblyf is nie altyd die beste nie. Ek dink Gariep Dam is 'n beter plek om te bly as ek na verblyf opsies kyk."