Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Colesberg was vir ons nog altyd die oorslaapplek op daardie roete Kaap toe. Ons wonder hoeveel waarde daar in besienswaardighede anders as slaapplek vir toeriste sal wees, want gewoonlik slaap almal net oor en ry die volgende dag verder."
"Fantastiese restaurante, hoë kwaliteit winkels en kunsgalerye en drink die plaaslike wyne, Fernkloof!"
"Ons kon nie ’n uitstappie na die damwal reël nie, omdat die instansie toe was. Dit was ’n groot teleurstelling omdat ons dit as een van die hoogtepunte beskou het."
"Die huidige stand van dam was 'n belewenis met die sluise wat oop was. Nie veel verder verken nie."
"Williston is 'n pragtige skoon dorp met vriendelike mense. Manna Restaurant doen sy reputasie gestand as voorkeur eetplek vir besoekers, sowel as plaaslike inwoners."
"Ons is baie lief daarvoor om Prince Albert te besoek en sal vir seker weer so maak. ’n Pragtige, skoon dorpie met wonderlike uitsigte oor die berge en die Karoo. Ons bid net vir goeie reën saam met al die Prince Albert inwoners."
"Ek is mal oor Graaff-Reinet! Dit is klein, maar vir die omliggende dorpies is dit die "stad" wat byna alles het wat mens nodig om te oorleef in die Karoo."
"Die dorp is 'n aangename verrassing. So op die wal van die Oranjerivier, oorwegend skoon, en 'n mens kry die idee dat daar moeite gedoen word om dinge aan die gang te hou vir die dorp. Ons het die aand by die restaurant, Riverview Lodge, baie geniet."
"Ideaal geleë tussen Johannesburg en Kaapstad. Goeie ligging om behoorlik te rus halfpad na die Wes-Kaap vanaf Gauteng."
"Die dorpie voel soos regte platteland. Ongelooflik rustig en sooo veilig. Die uilmuseum was baie besonders. Sal die ervaring nie vergeet nie."