Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11282 resensies.
"I always like stopping over in Colesberg or Hanover. Bordeaux Restaurant's food is still as good as I remember."
"Toerisme is Prins Albert se tweede grootste bron van inkomste en dit was goed om te sien hoe die dorp se infrastruktuur in stand gehou word. Die dorp is netjies. Twee dames by die toeristekantoor is ingelig en vriendelik. Baie goeie Spar winkel. Ons sal mense aanbeveel om Prins Albert te besoek."
"'n Unieke plek met vriendelike mense wat altyd bereid is om te help en te gesels. Definitief een van my gunsteling-kuierplekke."
"Baie mooi en skoon dorpie en balsem vir jou siel, nadat ons die Swartbergpas gery het. Mooiste omgewing en rustig."
"Die inligting wat voorsien was deur Beau & I wil my weer laat terugkom om meer tyd op Graaff-Reinet te spandeer."
"Pragtige dorpie. Baie interessante toer gehad by die Apollo-teater. Ek hoop hierdie dorpie kan weer heeltemal herskep word om weer die hele dorpie nuwe lewe te gee. Só 'n stukkie oase. "
"Joubertina is 'n klein dorpie met interessante plekkies en mense. En natuurlik die pakstore waar jy kan vrugte koop."
"Mal oor Prins Albert - keer telkens terug! Was ook lekker om die park run te doen en die projek te beleef wat die kinders uit die gemeenskap by park run betrek. "
"Only giving 4 stars because we didn't have time to really explore around Willowmore, but what we did see, we loved, and will be back hopefully! "
"Dit is 'n oulike plattelandse dorpie wat die meeste mense net verby ry. Ek beveel aan mense moet moeite doen en in die dorp in ry. Daar is baie oulike eetplekke ens. "