Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Die Karoo is 'n bestemming wat beslis baie groot aftrek gaan kry in die periode ná Covid en verder."
"Die Karoo is die nuwe toeristebestemming van voorkeur in Suid-Afrika! Tog jammer dat baie dorpies nie erns maak om hul omgewing ten minste rommelvry te hou nie! Vosburg is 'n voorbeeld vir hulle."
"Die Karoo het weer sy eie mooi. Die stilte maak dat jy vergeet van jou gewone lewe se gejaag. Die Karoo is só eenvoudig, dog magtig in sy grootheid. "
"Dis baie mooi wêreld en die mense is so vriendelik en gasvry. Checkers in Colesberg verkoop die lekkerste mini-vetkoekies. Die Ultra Cities was goed en gaaf, en die padstal se biltong is tops! "
"Ek geniet reise deur die Karoo, maar dis waarskynlik nie elke mens se voorkeur nie."
"A fantastic environment for nature lovers. I imagine, too, that the geology would be brilliant."
"Ek is vreeslik lief vir die Karoo, maar ook lief vir die Vrystaat. Philippolis is 'n perfekte mengsel van Karoo en Vrystaat. Dis so 'n bietjie "best of both". Daar is so baie lieflike Karoo-dorpe om te verken. Van my gunstelinge is Nieu-Bethesda, Loxton en Calitzdorp."
"Die oopte, vlaktes en rystigheid van die Karoo laat 'n mens besef daar is 'n ander lewe waar jy jou siel tot rus kan bring. Colesberg is die beginpunt (grens) van enige Kaaproete of vakansie. En wanneer jy weer aan die einde van die tyd terugkeer na die noorde van ons land en jy is eers weer by Colesberg verby, dan skop die realiteit weer in. Ons is weer op pad terug na die werklikheid van ons alledaagse lewe."
"'n Pragtige dorp met gasvrye mense, puik restaurante natuurskoon. Pleinweg pragtig."
"Dit is altyd heerlik om Prins Albert te besoek. Een van ons gunstelingplekke. 'n Stop by die Lazy Lizard is altyd deel van ons beplanning vir die allerheerlikste beskuit en etes."
"Die mense wat nie by Nieu-Bethesda oorbly weet nie wat hul mis nie. Hier kom jy weer in aanvoeling met die natuur. Die stilte en klank van plaasdiere en voëlgeluide is goed vir die siel. Die Ibis Restaurant is hoogs aan te beveel. Ons het al te heerlik geëet."