Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11282 reviews.
"We previously stayed at Bfw Karoo National Park, with totally different experience."
"Besoek vir seker die Chris Barnard museum. Jy kan ook die Karoo-natuurpark vanuit die verblyf in Beaufort-Wes besoek."
"Die grootste aantrekkingskrag van Beaufort-Wes vir ons is die nabygeleë Karoo Nasionale Park. Ons lê ons toe op die fotografie van voëls, naaldekokers en skoenlappers en soek graag die spesies wat eie is aan die Karoo habitat. Die park se akkommodasie is egter heeltemal te duur om daar oor te bly, gevolglik beplan ons die reis so dat ons die hele namiddag van ons aankoms en die voormiddag van die volgende dag in die park kan deurbring voordat ons verder reis. Biffie's Cottages het vir ons 'n bekostigbare akkommodasie-alternatief gebied. "
"72% full when we stayed in Jan 2020, wonderful to see the tall green grass and so much water."
"A very small town and not for the city people. However we found the place very calming and the people are helpful. "
"I love the remoteness of the town. The Locals were friendly and happy to receive me. Highlights for me were: delicious meals at the Waenhuis, a ride on Jacob's donkey cart, casually strolling up and down the gravel roads finding quirky Art studios and honesty shops along the way, an inward journey through The Owl house and Nieu Bethesda Cement Art workshop presented by Randal, an informal trader."
"Pragtige dorp wat nog moeite doen met die mooi ou geboue en die behoud van hul karakter. Baie om te doen en sien en heerlike eetplekke."
"Die dam is baie mooi, maar nie toeganklik vir 'n ou wat sommer net wil piekniek langs die water en 'n lyntjie natmaak nie. Jy moet dit in een van die oorde doen langs die water."
"Pragtige historiese dorpie, bietjie verwaarloos en die werknemers by die museum was onbehulpsaam en het baie geraas!"
"De Rust is a small town and the people are very kind and friendly. "
"Die dorp is netjies en skoon, wat 'n pluspunt is dit nie! Ons is orals vriendelik ontvang en in Afrikaans bedien. "
"Die historiese geboue maak mens ietwat nolstalgies. Die kerkklok wat lui as die tyd aanstap was vir my iets om te aanskou. "
"Tipiese dorpie net nog ouer gebou. Het lekker gekuier in die Celtics lodge wat heerlike etes en drankies voorsien in ‘n keurige opset."
"Venterstad is 10 km van Morning Glory af. Nie 'n plek wat ek in sal bly nie."
"My voorouers se woongebied. Die Kitchings het die fossiele daar ontdek op die Nieu-Bethesda road. My oupa was die padmaker en my pa, Laurence, het saam met hom gegaan en toe die klippie opgetel. Die res is geskiedenis. "
"My dogter kuier hier uit VK en is gaande oor die oop wyd uitgestrekte vlaktes en stiltes."
"Pragtige geboue en dorpie in goeie toestand. Interessante winkeltjies en genoegsame eet- en drinkplekkies."
"Oulike en baie interessante dorpie met 'n ryk geskiedenis Ek vind tog dat dit vir ons Suid-Afrikaners aan die duur kant is waarskynlik omdat hulle redelik baie toeriste ontvang. Ons het die kuier daar baie geniet. "
"Ons gaan weer hier stop. Beslis te min van die geskiedenis beleef. Daar is 'n wonderlike oplewing in die dorp se kultuur en kunste. Hou aan, julle sal bo uitkom. Appolo se Teater is 'n besoek werd."