Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Dis die perfekte plek vir oorslaap op pad Kaap toe. Gelukkig is daar nou 'n KFC vir al die Gautengers. Ek is mal oor die kerke in die dorp. Ons besoek hul elke keer as ons daar is. "
"If you do stay over, it's worth having dinner at the Waschbank Resort - delicious and well priced traditional Karoo food."
"Sal graag volgende keer meer tyd in Beaufort-Wes wil spandeer. Ek hou van dit wat ek gesien het. "
"The Owl House and the Kitching Fossil Exploration Centre was a great experience - Vellies in the wheelchair made the day."
"Ons geniet altyd vir Prins Albert! Die Showroom is uitstekend, dit is ook een van die oorwegende redes om Prins Albert te besoek. Dit is ook deel van my geskiedenis. "
"Gelukwensing aan die bestuur van die dorp en sy mense vir die insette om hierdie plattelandse dorpie so versorg te hou. "
"What a lovely place to stay for a couple of days. Camdeboo Park was amazing. The beautiful mountains are great for sightseeing and hiking. Graaff-Reinet is a lovely place with nice restaurants and coffee shops."
"Ongelukkig, soos met baie ander dorpe, is die ingang na die dorp redelik bestrooi met plastieksakke en 'n woonbuurt wat regtig baie raserig is deur die nag. Mens hoor dit kilometers ver. Die res van Prins Albert is egter ongelooflik mooi, baie mooi argitektuur en vol karakter. Ons het die dorp en wat dit bied baie geniet."
"Dis die perfekte oornagplek as jy vanaf die Vrystaat na die Oos-Kaap of Wes-Kaap reis. Die roete is pragtig en die paaie uitstekend."
"Daar was nie veel in Britstown nie, maar dit wat ons gesien het was aangenaam. Die mense daar is almal baie vriendelik. Ons het by Tanskaroo Country Lodge gaan eet die aand. Die heerlikste buffet was ons in 'n lang tyd gehad het - 'n moet stop as jy in Britstown is. Die diens daar was uit die boonste rakke."
"Aberdeen is 'n klein dorpie en almal daar is baie vriendelike en hulpvaardig. Sou graag bietjie langer wou bly."
"Baie lekker sentraal tussen Kaap en Pretoria. Lekker weg van N1, maar maklik bereikbaar. Rustige gevoel a.g.v. Gariepdam. Ek het die dorpie pragtig skoon en netjies ervaar. "