Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Oulike plekkie en lekker vir oornag op die lang pad. Sal definitief weer daar oornag."
"Net jammer dat ons oral gewaarsku is dat diefstal in die dorp oral handuit ruk. Toeriste moet maar seker maak dat alles behoorlik gesluit is as hulle in die hoofstraat wil stop. 4Sheep bly maar die lekkerste eetplek in die dorp!"
"Ons beplan gewoonlik om die middag uit die Kaap uit weg te kom, om dan 5 ure later in Beaufort-Wes oor te slaap. Dit maak die pad die volgende dag net soveel korter. Ons sal altyd daar oornag. "
"Altyd lekker om in die Klein Karoo oor te bly, die natuurskoon spreek boekdele vanself. Pragtig! Dis die heel beste wat ek dit kan uitdruk uit 'n menslike oogpunt."
"Vreeslik aangenaam verras deur Prins Albert - soveel karakter en skoon, netjiese strate. Heerlike atmosfeer en uitstekende restaurante! Lieflik ook vir fietsry en stap! Definitief aan te beveel!"
"Klein plekkie, maar beteken baie as jy daar grootgeword het soos in my pa se geval. Het waardeer om sy huis waar hy grootgeword het weer te sien asook sy ouers se grafte in begraafplaas te besoek."
"Oulike dorpie. Tipiese kleindorpgevoel met al die nodige vir 'n rustige oornagbestemming wanneer daar gereis word. "
"Prince Albert is a beautiful little village at the end of the Swartberg Pass. Choose your season carefully, as it can be very hot and dusty in summer time and apparently very cold in mid-winter."
"Graaff-Reinet is 'n besonderse mooi dorp waar eg Suid-Afrikaanse waardes nog geld."