Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11336 reviews.
"Lieflike dorp! Ons wens ons kon langer oorbly om die dorp en die omliggende besienswaardighede te verken. "
"Onverwags baie oorslaapplekke en baie eet-opsies. 'n Vriendelike en skoon dorp waar jy lekker kan stap na 'n lang ry."
"Sou verkies om bietjie vroeër daar weg te kom, maar hulle ontbyt begin eers om 7, dus kom jy nie weg daar voor 8 nie, as jy nog 'n lang pad het wat voorlê is dit n bietjie te laat."
"Lieflike dorpie, waar jy kan voel die wêreldse invloed het nog min skommelings daar veroorsaak. Dit voel of tyd stil gestaan het en dit laat jou sommer veilig en gekoester voel, volgende keer gaan ek nog 'n dag langer bly net om dit weer te ervaar."
"Jare gedreig om dit te besoek en het dit uiteindelik gedoen. Jy sal nie spyt wees nie. 'n Bucket list-ervaring!"
"Pragtige dorpie wat die reisiger op pad Kaap toe gerus kan besoek. Net baie koud in die winter. Sal eerder dit net in die somer besoek."
"Die Oujaar trekker-en-sleepwa het so prettig gelyk. Lekker atmosfeer in die dorp. Gevoel van veiligheid."
"'n Ongelooflike mooi plek wat hopelik net so sal bly! Ons sal weer en weer daarheen gaan. Daar is nog so baie wat ons daar wil doen."
"Lekker plekkie, maar Beaufort-Wes is opsigself nie baie skoon nie, maar andersins was daar nie enige probleme nie."
"Pragtige Karoo-dorpie wat ons nou al spesiaal raak ry oppad af Kaap toe. Die rustigheid van die omgewing en dan nog die pragtige natuurskoon is ook so lekker. Definitief die moeite werd om te kom."
"Probeer gerus die 4 Sheep restaurant en deli. Bespreek ook eerder in 'n ander straat as die hoofstraat, soos bv. Voortrekkerweg indien jul nie hou van baie geraas nie. Voortrekkerweg het lieflike oornagplekkies."