Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Goed om oor te stop voor nog 'n lang dag op die pad, nie 'n plekkie om te gaan rondloop en besigtig nie."
"Hierdie plek is na ons mening 'n moet-besoek. Wonderlike plek en die donkiekarrit saam met Jacob was 'n belewenis."
"Dorpie met baie interessante plekke om te besoek - baie geskiedenis en onverwagte mooi natuurskoon."
"Weet dit sal dalk nie in almal se smaak val nie, maar ek was al 'n paar keer daar en sal weer gaan. Probeer elke keer iets koop by die kunstenaars buite die Uilhuis, hul pryse is billik. Dorpie en mense met soveel hart & warmte."
"Colesberg is 'n pragtige dorpie wat baie het om aan die reisiger te bied. "
"Daar is pragtige, ou geboue, maar ongelukkig lyk dit of die midde-dorp leeg is."
"Die hoeveelheid rommel in die strate is kommerwekkend. Ons het Graaff-Reinet nog nooit so vuil gesien nie."
"Het net tyd gehad vir 'n kort stappie om die ou kerk en met die omliggende strate langs. Volgens 'n brosjure het die dorp 'n museum wat klaarblyklik wonderlike inligting en uitstallings oor die dorp en die omgewing bevat. Volgende keer sal ons dit beslis deel maak van ons verblyf."
"Ons het nie baie tyd spandeer in Venterstad nie, maar met die dorpie se ligging so na aan die Gariepdam, lyk baie belowend vir 'n kort verblyf on die area te verken."