Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Verrassende mooi dorpie. Pragtige ou huise, meeste goed opgepas, in die wydse Karoo-landskap. Vriendelike mense. "
"Graaff-Reinet is a magic old town that is definitely part of South African's history and definitely worth visiting."
"Prince Albert has scenic surroundings and splendid architecture. The highlight was a drive up the Swartberg Pass."
"Ouwêreldse bekoring met vriendelike en behulpsame inwoners. Die plaaslike inwoners probeer jou nie uitbuit omdat jy 'n vakansieganger is nie. Dis nog veilig om in die strate te stap."
"Laingsburg is 'n pragtige ou dorp wat op die oog af goed in stand gehou word. Die ou gerestoureerde geboue is besonders. Ons het 'n heerlike aandete in die Country Hotel geëet, waar my man sy lus na afval kon bevredig."
"Prins Albert het sy eie betowering. Heerlike kos by Swartberg Hotel en ptagtige omgewing."
"Oulike, pikante dorpie. Dis een van daai plekkies wat almal ten minste een keer in hul lewens behoort te besoek."
"Graaff-Reinet hou vir my 'n besondere bekoring omdat ek die voorreg gehad het om daar te studeer as 'n aspirant-onderwyser. Die hele dorpie is so mooi en netjies, die mense is nog steeds na al die jare vriendelik en gaaf, die kuierplekke is nou natuurlik baie meer volop, nog steeds gasvry en billik in prys en kwaliteit van aanbieding. Ek sal môre soontoe aftree as die geleentheid sou kom."
"Carnarvon self het nie genoeg om te doen nie. Die plaas het vir my meer gehad, en die boere van die hoofplaas het meer om te doen beskikbaar as Carnarvon. Die museum en sy mensies was baie vriendelik en vol inligting en geskiedenis. Dit is mooi gedoen. Lekker geëet by Mams Foods Restaurant. Die ander eetplekke was toe, maar ek glo daar is planne vir Carnarvon. Ek het darem familiegeskiedenis in Carnarvon, so dit het trippies na Carnarvon interessant gemaak."
"Prins Albert is 'n pragtige oase van 'n dorp, met baie om te doen en te sien. Hier wil ek weer kuier!"