Verified Reviews

Karoo

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo

Rated 4.2 out of 5 based on 11282 reviews.

Jansenville, Karoo

Lorraine's Guest House

"Dit is 'n baie oulike dorp."

Nieu-Bethesda, Karoo

Doornberg Guest Farm

"Dit is 'n móét. Ons het die veral die appliekwerk-uitstalling van die skeppingsverhale en die tradisionele vertellinge van die oorspronklike inwoners van hierdie gebied waardeer. Die kurator het moeite gedoen om die stukke wat nog toegevou was, oop te maak, en elke verhaal te vertel. Dit was veral betekenisvol omdat dit op Erfenisdag was en ons kon sien met hoeveel sorg dié groep mense hulle nalatenskap eer en bewaar. Niks wat ek opgelees het oor die Uilhuis kon reg doen aan die kreatiwiteit wat in die huis uitgeleef is nie. Dit is altyd verbasend om te sien hoe 'n kunstenaar kan realiseer wat in hulle wêreld gebeur. Ons het ook die fossielmuseum besoek en ook daar was ons beïndruk met die passie wat die gids gehad het vir die vakgebied. Dit is net jammer dat ons tyd beperk was, want ons sou soveel meer wou sien en doen."

Graaff-Reinet, Karoo

Aan Die Oewer Graaf-Reinet Guesthouse

"Pragtige ou huise wat so mooi behoue gebly het."

Vosburg, Karoo

Elvee Accommodation

"'n Pragtige skoon en netjiese dorpie! Die dorp het 'n bekoring van sy eie en die inwoners is so vriendelik!"

Willowmore, Karoo

Self-Catering Cottages @ Vaalwater Bush Camp

"Willomore is 'n eksentrieke plekkie."

Richmond, Karoo

Ka Ma Lodge

"Besoek gerus die perde-museum."

Beaufort West, Karoo

Die Kussinkie

"Dorp nie baie skoon nie. Dit was op 'n Saterdagaand."

Colesberg, Karoo

Nanna Rous' Town House

"Lekker oorslaap dorp vir die lang pad tussen Gauteng en die Kaap."

Prince Albert, Karoo

81 on Church

"Ons was baie beïndruk met Prins Albert en sal graag weer die dorp besoek."

Beaufort West, Karoo

Grace's Place

"4 Sheeps Restaurant se lamsburger is heerlik."

Carnarvon, Karoo

Kalahari Lodge

"Mooi klein dorpie in die Karoo. Ons het net deurgery so het nie die plek verken nie."

Richmond, Karoo

Anra Rusgenot

"Interessante dorpie omtrent halfpad tussen Vereeniging en Kaapstad."

Graaff-Reinet, Karoo

6 Parsonage Street - De Kothuize

"Somersetstraat brei meer en meer uit, en dis baie oulik. Ek voel bietjie onveilig hierdie jaar, wat jammer is, want ek is baie lief vir die klein plekkie."

Colesberg, Karoo

Hartklop Eer die Lewe

"Die dorp het wel vir my baie agteruitgegaan en dis 'n groot jammerte, aangesien hy so sentraal geleë is tussen Kaapstad en Johannesburg."

Prince Albert, Karoo

Casa Milorca

"Sal enige tyd The Ghost Walk van Ailsa Tudhope aanbeveel, dink dit is 'n moet-doen vir enige iemand wat Prins Albert vir die eerste keer wil besoek."

Carnarvon, Karoo

Maritza Guest House

"Hotel restaurant is pragtig en bedien die heerlikste kos."

Colesberg, Karoo

Skietberg Lodge

"Lekkerste lamtjops by die Plattelander restaurant."

Colesberg, Karoo

Coles Corner

"Regtig die regte plek om oor te slaap!"

Graaff-Reinet, Karoo

Profcon Resort

"Skoon en pragtig."

Gariep Dam, Karoo

De Lance Chalets

"Gariepdam is 'n moet vir enige reisiger."

Victoria West, Karoo

Moonlight Manor

"Dis 'n mooi dorp, maar die groot aantal kinders wat by elke straathoek by motoriste bedel is onstellend. Daar is ook oral langs paaie gebreekte glas en rommel wat in die bosse rondlê. Die strate self was redelik goed skoongemaak, maar moenie gaan stap af van die hoofroetes nie."

Beaufort West, Karoo

Die Kussinkie

"Pragtige omgewing en ek kan 4 Sheep restaurant aanbeveel en is 'n wenner. Heerlike kos wat bekostigbaar is en vriendelike kelners."

Carnarvon, Karoo

Lord Carnarvon Guesthouse

"Hierdie plek laat jou soos 'n koning voel. Ontvangs en diens is uitstekend. Heerlike aandete by die restaurant geniet en ontbyt by die gastehuis. Baie dankie Pieter. Sal beslis weer volgende keer daar oorbly."

Prince Albert, Karoo

The Cottage

"Dis 'n pragtige, karaktervolle dorpie aan die voet van die Swartberge."

Beaufort West, Karoo

@ Mango's

"Voel jammer vir mense in Beaufort-Wes oor hulle waterprobleme. Hoop regtig hulle kry gou genoegsame reën."

De Aar, Karoo

Oppiplot

"Sal net 'n stoel by die lessenaar waardeer."

Pearston, Karoo

Pearston Hotel

"Klein dorpie op die R63. Mooi omgewing. Sneeu op die berge. Pragtig!"

Page
Page 282 - Showing 8431 to 8460
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Guest account already exists

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

It looks like you already have a guest account. Please log in to verify your identity before we set up your host profile.

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers