Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Ons het ons morsdood gesoek na 'n kafee en apteek! Dis definitief nie die plek om geskenkies vir geliefdes te koop nie. Meeste is kunswerke en min daarvan is billik geprys. Dis 'n pragtige dorp en baie skoon."
"Nieu-Bethesda is 'n belewenis en die eenvoud en onopgesmuktheid van hierdie dorpie en die warmte van die mense sal my altyd bybly. Hier leer mens weer dat die gejaagdheid van die lewe en die glitz en glamour van die stad nie mens se siel kan raak soos die stilte en vrede van Nieu-Bethesda nie. Ek hoop nie dat hulle ooit die dorpie wil ontwikkel nie, want dis perfek in sy grondstraatjies soos dit is. "
"Boekbedonnerd die laaste naweek in Oktober, beslils 'n hoogtepunt om by te woon. Die inwoners van Richmond is vriendelik en verwelkomend."
"Daar is geskiedkundige besienswaardighede in die omgewing. Jammer dat die kruidenierswarewinkel reeds 18:00 toe was!"
"Ek dink die diens was uitstekend en oral in die dorp was almal vriendelik en behulpsaam. Ons het heerlik Innie Kraal restaurant gekuier."
"Klein, rustige, plattelandse dorpie met geen groot winkelsentrums nie. Die nodigste goedere is wel beskikbaar. Verskeie besienswaardighede kan in die omgewing besoek word."
"Was a good stay-over to break our long journey. Town fairly neat, good garage, but not much going on. The sort of town where you can stay and relax without much attractions."
"Prins Albert is 'n gunsteling-wegbreek vir ons, want die dorpie is pragtig skoon, uitstekende restaurante en pragtige natuurskoon. Die ideale Karoo-vakansie met baie opsies en vermaak. Die teater is altyd 'n hoogtepunt!"