Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Mooi klein dorpie in die Karoo. Ons het net deurgery so het nie die plek verken nie."
"Somersetstraat brei meer en meer uit, en dis baie oulik. Ek voel bietjie onveilig hierdie jaar, wat jammer is, want ek is baie lief vir die klein plekkie."
"Die dorp het wel vir my baie agteruitgegaan en dis 'n groot jammerte, aangesien hy so sentraal geleë is tussen Kaapstad en Johannesburg."
"Sal enige tyd The Ghost Walk van Ailsa Tudhope aanbeveel, dink dit is 'n moet-doen vir enige iemand wat Prins Albert vir die eerste keer wil besoek."
"Dis 'n mooi dorp, maar die groot aantal kinders wat by elke straathoek by motoriste bedel is onstellend. Daar is ook oral langs paaie gebreekte glas en rommel wat in die bosse rondlê. Die strate self was redelik goed skoongemaak, maar moenie gaan stap af van die hoofroetes nie."
"Pragtige omgewing en ek kan 4 Sheep restaurant aanbeveel en is 'n wenner. Heerlike kos wat bekostigbaar is en vriendelike kelners."
"Hierdie plek laat jou soos 'n koning voel. Ontvangs en diens is uitstekend. Heerlike aandete by die restaurant geniet en ontbyt by die gastehuis. Baie dankie Pieter. Sal beslis weer volgende keer daar oorbly."
"Voel jammer vir mense in Beaufort-Wes oor hulle waterprobleme. Hoop regtig hulle kry gou genoegsame reën."
"Vir ons is dit maar net 'n oornag stop op reis van Gauteng Kaap toe. Party van die gastehuise wat ons al gebruik het is maar baie treurig. Dis 'n vriendelike dorp, baie mense groet jou en is behulpsaam."
"Die dorp is netjies en die strate sonder slaggate. Ongelukkig was my verblyf te kort om volledig oor Hanover as 'n toeristebestemming kommentaar te lewer. "
"Baie klein dorpie, goed vir verblyf as jy wil oorslaap tussen Johannesburg en die Kaap."
"Hanover, like many other small towns, is suffering under the yolk of a seriously under-performing ANC municipality. It is sad to see the neglect when the tax paying residents and businesses are valiantly trying to maintain a gem of a destination in the Karoo."
"Colesberg is maar 'n oornagbestemming vir die reis na die Kaap. Ek dink nie daar is iets anders om te doen in Colesberg."
"Die dam is 'n groot aantrekkingskrag en die dorpie self het al die nodige winkels wat 'n oornagreisiger benodig."
"Maak seker om die Vallei van Verlatenheid te besoek. Die toegang van R39 per persoon (gratis met Wildcard) is verbind aan verbeterde geriewe en instandhouding. Trek stapskoene of ten minste plat skoene aan. Die mooiste dele is 'n paar minute se stap."