Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11282 reviews.
"Wat 'n verassing. Mens ry nooit werklik in om die juweeltjies te ontdek nie. Ek gaan beslis op pad terug weer daar stop om nog nuwe dinge daar te ontdek."
"Die dam was 108% vol met 15 sluise oop. Wat 'n awsome gesig om te sien. Werklik 'n voorreg. Beslis die moeite werd om te besoek."
"Baie stil en rustige plekkie. Gee jou die atmosfeer van 'n ou dorpie. Mense baie vriendelik en behulpsaam."
"Dis 'n mooi dorpie en baie rustig. Mense is vriendelik, maar die verblyf was glad nie aangenaam nie."
"Hele paar kinders wat vra vir geld waarookal jy gaan (ons het 'n entjie gaan stap deur die dorp), en locals wat rond staan en niks doen nie laat mens effens onveilig voel, maar geen probleme ervaar nie."
"Altyd lekker om daar oor te slaap. Uitstekende restaurante. Vriendelike inwoners."
"Ek het Middelburg nie as toeris besoek nie, maar my 3 dae lange verblyf was aangenaam met hulpvaardige en vriendelike mense."
"Dit is 'n ongelooflike mooi area en daar is soveel karakter in die dorpie self. 'n Absolute plesier om te besoek."
"Small town with lot of adventure it was quite nice journey we had, just can't wait to visit again and this time for a little bit longer."