Pick your preferred language

English

Afrikaans

Verified Reviews

Karoo

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo

Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.

Graaff-Reinet, Karoo

KarooRus

"Beautiful Karoo-town with beautiful surroundings."

Colesberg, Karoo

Donalds Guesthouse

"Oujaarsaand wat ons ook daar oorgeslaap het was dit besonder stil en aangenaam."

Colesberg, Karoo

Herb Garden Guest House

"Ons gebruik dit hoofsaaklik as oornagplek op pad terug na Gauteng vanaf die Kaap. Bourdeaux Restaurant is altyd aan te bevele."

Prince Albert, Karoo

Travellers Rest

"’n Pragtige dorp met besonders vriendelike mense."

Hanover, Karoo

Brandwag B&B

"Ek is seker ons sal die dorp volgende keer beter kan verken as ons meer tyd het."

Hanover, Karoo

3 Darling Street Guest House

"Klein dorpie, baie potensiaal."

Willowmore, Karoo

Self-Catering Cottages @ Vaalwater Bush Camp

"Het die dorpie geniet en dit moenie verbygery word op pad George of binneland toe nie. Naas Klaarstroom die skoonste dorpie waardeur ek die vakansie was. Jammer daardie pragtige skoolgebou is besig om te verval en verwaarloos te word. Maak 'n draai by Belly Deli. In plaas van een groot melkskommel te bestel, bestel twee of drie verskillende geure gelyk soos die Amarula-een, heerlik. Lekker ontbyt geëet en gesnuffel in die verskillende unieke afdelings onder een dak."

Hanover, Karoo

Boutique Guesthouse Hanover

"Die mooiste, kleinste dorpie!"

Gariep Dam, Karoo

Gompou Straat 7

"Die dam is verskriklik groot en pragtig, die uitsig is soos 'n droom."

Colesberg, Karoo

Chrizaan Guest House

"Beperkte eetplekke en wegneem etes beskikbaar."

Graaff-Reinet, Karoo

Camdeboo Cottages

"Besoek gerus Vallei van Verlatenheid. Pragtig met sonopkoms!"

Graaff-Reinet, Karoo

KarooRus

"Bekoorlike dorp. Heerlik om nog tot 21:00 by die Spar te kon inkopies doen na 'n lang dag op die pad. "

Beaufort West, Karoo

Die Kussinkie

"Lekker kos by verskeie restaurante."

Colesberg, Karoo

Horse and Mill Guesthouse

"Ietwat van 'n slordige, onveilige plek met nie veel om te doen nie. Heel orraait vir 'n aandjie se verblyf, maar sal beslis Graaff-Reinet sterker aanbeveel!"

Beaufort West, Karoo

Grace's Place

"Vir oornag, 'n oulike plek."

Nieu-Bethesda, Karoo

Country Cottages

"Om die oujaar in Nieu-Bethesda af te sluit, is 'n onvergeetlike ondervinding wat elkeen aan hom-/haarself verskuldig is."

Richmond, Karoo

Karoo Manor Guest House and Restaurant

"Baie mooi dorpie met baie potensiaal as 'n toeristebestemming. Die dorp is baie vervalle en baie vuil en ons glo dat dit maklik deur die gemeenskap netjies en skoon gehou kan word. Ek dink die gemeenskap daar moet meer bewus gemaak word dat hulle kan baat daarby en van die potensiaal van die dorp bewus gemaak moet word. Daar is pragtige ou geboue daar met tonne geskiedenis en moet bewaar word vir die toekoms. Verblyf was goed daar maar ons was werklik teleurgesteld in hoe die plek verwaarloos word en vuil is Richmond is 'n juweel vir toerisme, maar daar sal drasties iets gedoen moet word omtrent die verwaarlosing van alles daar en die vuilheid rommel strooiing en paaie wat uiters swak is, tuine wat nie onderhou word nie en net agteruitgang van 'n pragtige ou dorp!"

De Rust, Karoo

Room @ Irissa Rainbow Sanctuary

"Baie oulike 'one-stop' dorpie. Die restaurant 'Herrie' se diens was stadig, maar die kos was baie lekker."

Britstown, Karoo

Sweetfontein Boutique Farm Lodge

"Sal nie in Britstown self gaan bly nie, veral as jy op 'n plek soos Sweetfontein kan bly."

Colesberg, Karoo

Ebenezer Guest House

"Goeie oornagplek op pad na vakansieplek."

Murraysburg, Karoo

Freek's Cottage Farm Stay

"Nie wel bekende area nie, nie iets gewees wat ons aandag getrek het om te gaan besoek in die area nie."

Philippolis, Karoo

Die Stal

"Pragtige Vrystaatse dorpie, met mooi geboue en vriendelike atmosfeer. Ten spite van die feit dat ons 18:00 eers gearriveer het, kon ons nog kies tussen 3 eetplekke vir aandete, en het selfs nog die unieke antieke en kunswinkel in die Hoofstraat besoek. Die landelikheid, mooi ou huisies en groot dorpserwe dra by tot 'n unieke ervaring. Ek ken die Vrystaatse platteland goed, en die besoek aan Philippolis het my met nostalgie vervul, en was definitief die moeite werd."

Prince Albert, Karoo

Bougain Villa

"Prins Albert is 'n bekoorlike klein dorpie aan die voet van die Swartberge en dus is die omgewing pragtig, ten spyte van die droogte. Die strate is netjies en skoon en die mense vriendelik. Ek dink die Munisipaliteit moet egter aandag gee aan die lekker breë hoofstraat wat deur sommige inwoners en besoekers soms as 'n resiesbaan gebruik word - hulle steur hulle beslis nie aan die spoedbeperking nie. Spoedwalle kan dalk 'n opsie wees?"

Victoria West, Karoo

Rest-A-While

"Moet miskien daar regtig stop en kyk, maar vir 40 jaar ry ons altyd deur en is die eerste keer wat ons daar slaap."

Graaff-Reinet, Karoo

Aan Die Oewer Graaf-Reinet Guesthouse

"Aangename toerismebestemming, baie om te verken."

Colesberg, Karoo

Onze Rust Guest House & Caravanpark

"I would like to spend a few days in Colesburg and get to know what it has to offer."

Colesberg, Karoo

Out of Africa

"Oulikste klein dorpie. Sal dit graag meer wil verken."

Prince Albert, Karoo

Gecko Cottages

"'n Dorpie vol geskiedenis. 'n Besoek aan die Fransie Pienaar Museum is 'n moet as jy belangstel in die geskiedenis van die omgewing. "

Three Sisters, Karoo

Travalia Guest Farm

"Die Karoo het nie woorde nodig nie. Die Karoo spreek vanself. "

Graaff-Reinet, Karoo

Sundays Karoo Guesthouse

"Mooi, skoon en veilige dorp."

Page
Page 311 - Showing 9301 to 9330
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers